
MIV-, TB-behandeling bly uitdaging in SA
Loading player...
Die Gautengse gesondheidsdepartement sê hoewel hy daarin kon slaag om baie meer pasiënte op sy MIV- en TB-behandelings-programme te behou, bly dit ‘n uitdaging om te verseker dat pasiënte gereeld hul medisyne by klinieke en hospitale opeis. Die departement se dr. Fikile Ndlovu het met SABC News gepraat en sê na die onlangse xenofobiese onluste in die land, het sommige gesondheidsorgsentrums ‘n verdere afname in die opeis van medisyne waargeneem.

