
Nog reën die naweek verwag
Loading player...
Dele van suidelike, sentrale en oostelike Namibië kan oor die naweek reënbuie verwag. Meteoroloog Albertina Anderson sê reënbuie sal vanaf die kus en die suidelike binneland inbeweeg voordat dit na die sentrale streke en die gebiede rondom Leonardville, Witvlei en Gobabis in die ooste versprei. Sterk winde word in sommige gebiede verwag.

