
Meatco het strategie vir NCA
Loading player...
Meatco sê sy ommekeerpogings begin positiewe resultate lewer, met sterk groei in inkomste, winste en beesslagtingsyfers. Dit volg op 'n werksbesoek van landbouminister Inge Zaamwani aan Meatco se Windhoek-fasiliteite, waar sy ingelig is oor die korporasie se prestasie en belangrike strategiese prioriteite. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê een van die hoogtepunte was dat meer as 34 000 beeste tot dusver vanjaar geslag is, 'n toename van 55 persent in deurset. Maar daar is meer.

