Cyril ontvang Madlanga-verslag

Loading player...
Die Madlanga-ondersoekkommissie oorhandig vandag sy voorlopige verslag aan president Cyril Ramaphosa, maar hy sal dit nie openbaar maak nie. Fase 1 handel oor die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings wat politieke inmengery by die SAPD, die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde, en vermeende korrupsie by die Ekurhuleni-metropolisie insluit. Woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa sal die bewyse nagaan voor hy die finale verslag vrystel:
17 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GNU verbind hom tot SME-ondersteuning

Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Stella Ndabeni, sê die regering is daartoe verbind om ʼn omgewing te skep wat kleinsakeondernemings toelaat om te gedy. Die 14de jaarlikse “Trots Suid-Afrikaans Koop Plaaslik”-beraad is die afgelope twee dae in Sandton, Johannesburg, gehou. Ndabeni sê Suid-Afrika is ʼn nasie met skeppingsvermoë, veerkragtigheid en ondernemingsgees…
18 Mar 6AM 1 min

Begeleiding deur Straat van Hormuz sal nie werk nie

Die sekretaris-generaal van die Internasionale Maritieme Organisasie, Arsenio Dominguez, het aan Sky News gesê dat militêre begeleiers nie die Straat van Hormuz-krisis sal oplos nie - en dat de-eskalasie die enigste oplossing is. Sy kommentaar kom te midde van die organisasie se buitengewone sitting van sy raad om die impak…
18 Mar 6AM 1 min

Elektriese voertuie lyk al hoe meer aantreklik, of hoe?

In tye van konflik soos die wêreld tans ondervind en wat huishoudings ook in 2022 met die oorlog in die Oekraïne lamgelê het, kan elektriese voertuie ‘m goeie oplossing wees. Terwyl die voertuie nog nie werklik ‘n groot speler in die Namibiese mark is nie, sê Jens Denk van Electric…
18 Mar 6AM 1 min

LPO beklemtoon vertroue na Meatco-vergadering

Na afloop van die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco se vergadering verlede week om die toekoms van die veesektor te bespreek, het beide partye gevoel die gesprek was positief. Na 'n paar jaar van onbestendigheid was die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting in die kollig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
18 Mar 6AM 1 min

Kleinsake word deur burokrasie gekniehalter

Baie werklose Namibiërs wend hulle tot die koop en verkoop van tweedehandse klere om 'n bestaan te maak. Sommige handelaars verdien tussen 2 000 en 6 000 Namibiese dollar per maand uit die handel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê sektore soos hierdie…
18 Mar 6AM 1 min