
Kleinsake word deur burokrasie gekniehalter
Loading player...
Baie werklose Namibiërs wend hulle tot die koop en verkoop van tweedehandse klere om 'n bestaan te maak. Sommige handelaars verdien tussen 2 000 en 6 000 Namibiese dollar per maand uit die handel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê sektore soos hierdie benodig staatsondersteuning om sakebedrywighede te vergemaklik. Hy sê egter dat onnodige burokrasie die groeiende sektor sal benadeel.

