Hisbolla skend skietstaking, sê Israel

Loading player...
Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood. Hy het voorts gesê Hisbolla het die afgelope weke honderde hommeltuie en vuurpyle op Israelse burgers en soldate losgelaat:
20 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brittanje se Healey onder druk

In sy eerste groot ekonomiese toespraak het die skadukanselier, die Tories se Andrew Griffith, kritiek op kanselier John Healey gelewer. Healey sal op 28 Oktober die begroting bekend maak te midde van hoë inflasie en ekonomiese druk. Griffith eis dat die kanselier onderneem om nie belasting in die komende begroting…
17 Sep 7AM 1 min

Verbruikersbegrotings gaan onder druk bly

'n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die herverskyning van verhoogde geopolitieke spanning, hoër oliepryse en die moontlikheid van hoër huishoudelike leningskoste dui daarop dat verbruikersbegrotings onder druk gaan bly. Kleinhandelverkope was in Julie positief met 'n toename van 3,4-persent jaar-tot-jaar-groei na 1,1-persent in Junie. Mkhwanazi sê dit veronderstel…
17 Sep 7AM 1 min

Suide! Sleep jou sambreel nader!

Met Namibië se jaarlikse reën-seisoen wat gewoonlik die laaste week van September afskop, lyk dit of daar moontlik nog goeie neerslae oor die Westelike en sentrale dele van die land oor die volgende paar dae verwag kan word. Plaaslike weerkenner George van der Merwe, sê ‘n sterk bo-sikloon sisteem wat…
17 Sep 7AM 1 min

DA sê Lesufi misluk om vroue te beskerm

En ons sluit in Suid-Afrika af: Die DA beskuldig die Gautengse premier Panyaza Lesufi van voortslepende mislukking om inwoners, veral vroue, te beskerm al spog hy met sy tegnologies gevorderde misdaadbekampingstegnieke. Dit volg terwyl die polisie die ontdekking van nege vroue se liggame in Kemptonpark ondersoek. Solly Msimanga van die…
17 Sep 6AM 1 min

Namibië oorweeg nuwe heffing vir bek-en-klouseer

Namibië oorweeg 'n nuwe heffing vir bek-en-klouseer om fondse in te samel ter beskerming van die veebedryf teen die toenemende bedreiging van die siekte. Volgens die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad word die voorgestelde tydelike heffing steeds bespreek en kan dit ongeveer 0,76 persent van die waarde van 'n veetransaksie beloop. Die…
17 Sep 6AM 1 min