GNU verbind hom tot SME-ondersteuning

Loading player...
Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Stella Ndabeni, sê die regering is daartoe verbind om ʼn omgewing te skep wat kleinsakeondernemings toelaat om te gedy. Die 14de jaarlikse “Trots Suid-Afrikaans Koop Plaaslik”-beraad is die afgelope twee dae in Sandton, Johannesburg, gehou. Ndabeni sê Suid-Afrika is ʼn nasie met skeppingsvermoë, veerkragtigheid en ondernemingsgees. Sy sê die regering is besig om die sake-omgewing vir kleinsakeondernemings te verbeter:
18 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kwalifikasie-owerheid skerp hoëronderwysstandaarde op

Namibië verbeter sy hoëronderwysstandaarde en evalueringsdienste met die bekendstelling van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid se nuwe Evalueringsoutomatiseringstelsel en die Nasionale Beleid oor Kwalifikasiestandaarde. Gegradueerdes kan nou registreer en gesertifiseerde dokumente direk oplaai vir evaluering via die owerheid se webwerf. Onderwysminister Sanet Steenkamp sê die nuwe beleid sal oor die volgende vyf…
18 Mar 8AM 1 min

Cyril trots op suksesvolle skeiding van Siamese tweeling

President Cyril Ramaphosa het die mediese span geluk gewens wat 'n Siamese tweeling van mekaar geskei het in die Mankweng-hospitaal naby Polokwane in Limpopo. Die identiese tweeling, gebore op 28 Januarie, was aan die buik verbind en het 'n lewer en ander lewensbelangrike organe gedeel. Die delikate operasie van sewe-uur…
18 Mar 8AM 1 min

Begeleiding deur Straat van Hormuz sal nie werk nie

Die sekretaris-generaal van die Internasionale Maritieme Organisasie, Arsenio Dominguez, het aan Sky News gesê dat militêre begeleiers nie die Straat van Hormuz-krisis sal oplos nie - en dat de-eskalasie die enigste oplossing is. Sy kommentaar kom te midde van die organisasie se buitengewone sitting van sy raad om die impak…
18 Mar 6AM 1 min

Elektriese voertuie lyk al hoe meer aantreklik, of hoe?

In tye van konflik soos die wêreld tans ondervind en wat huishoudings ook in 2022 met die oorlog in die Oekraïne lamgelê het, kan elektriese voertuie ‘m goeie oplossing wees. Terwyl die voertuie nog nie werklik ‘n groot speler in die Namibiese mark is nie, sê Jens Denk van Electric…
18 Mar 6AM 1 min

LPO beklemtoon vertroue na Meatco-vergadering

Na afloop van die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco se vergadering verlede week om die toekoms van die veesektor te bespreek, het beide partye gevoel die gesprek was positief. Na 'n paar jaar van onbestendigheid was die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting in die kollig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
18 Mar 6AM 1 min