
LPO beklemtoon vertroue na Meatco-vergadering
Loading player...
Na afloop van die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco se vergadering verlede week om die toekoms van die veesektor te bespreek, het beide partye gevoel die gesprek was positief. Na 'n paar jaar van onbestendigheid was die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting in die kollig. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPO se voorsitter, Jako van Wyk gepraat wat meer inligting gee.

