
Elektriese voertuie lyk al hoe meer aantreklik, of hoe?
Loading player...
In tye van konflik soos die wêreld tans ondervind en wat huishoudings ook in 2022 met die oorlog in die Oekraïne lamgelê het, kan elektriese voertuie ‘m goeie oplossing wees. Terwyl die voertuie nog nie werklik ‘n groot speler in die Namibiese mark is nie, sê Jens Denk van Electric Vehicles Namibia aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ‘n vlak van onafhanklikheid bied.

