Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Stella Ndabeni, sê die regering is daartoe verbind om ʼn omgewing te skep wat kleinsakeondernemings toelaat om te gedy. Die 14de jaarlikse “Trots Suid-Afrikaans Koop Plaaslik”-beraad is die afgelope twee dae in Sandton, Johannesburg, gehou. Ndabeni sê Suid-Afrika is ʼn nasie met skeppingsvermoë, veerkragtigheid en ondernemingsgees…
Die sekretaris-generaal van die Internasionale Maritieme Organisasie, Arsenio Dominguez, het aan Sky News gesê dat militêre begeleiers nie die Straat van Hormuz-krisis sal oplos nie - en dat de-eskalasie die enigste oplossing is. Sy kommentaar kom te midde van die organisasie se buitengewone sitting van sy raad om die impak…
In tye van konflik soos die wêreld tans ondervind en wat huishoudings ook in 2022 met die oorlog in die Oekraïne lamgelê het, kan elektriese voertuie ‘m goeie oplossing wees. Terwyl die voertuie nog nie werklik ‘n groot speler in die Namibiese mark is nie, sê Jens Denk van Electric…
Na afloop van die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco se vergadering verlede week om die toekoms van die veesektor te bespreek, het beide partye gevoel die gesprek was positief. Na 'n paar jaar van onbestendigheid was die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting in die kollig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Baie werklose Namibiërs wend hulle tot die koop en verkoop van tweedehandse klere om 'n bestaan te maak. Sommige handelaars verdien tussen 2 000 en 6 000 Namibiese dollar per maand uit die handel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê sektore soos hierdie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.