Build One South Africa sê die konflik in die Midde-Ooste sal nie tot die streek beperk bly nie, maar deur energiemarkte, voorraadkettings en tot in Suid-Afrikaners se daaglikse lewens versprei. Die Parlement het gister op BOSA se versoek ʼn debat gehou oor die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die…
Save the Children UK sê dit is moeilik om te oordryf hoe ernstig die krisis rakende kindes in Soedan is. Die hoof van konflik en humanitêre voorspraak by die organisasie Orlaith Minogue het met SkyNews gepraat. Sy sê die omvang van humanitêre nood in die land is ondenkbaar.
'n Afvaardiging van 40 musikante, leerders en onderwysers van die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DHPS, is terug by die huis toe nadat hulle die Musiekweek van Duitse Internasionale Skole in Johannesburg bygewoon het. Kosmos 94.1 Nuus het met DHPS se musiekonderwyseres, Martina Visser, gepraat wat sê die week was op…
Namibië verdiep bande met Rusland ten spyte van daardie land se oorlog in Oekraïne en Westerse moondhede wat veiligheidskwessies opper. Bewerings van Russiese inmenging in Namibië se 2024-verkiesings het ook na vore gekom, hoewel Swapo dit sterk ontken. Politieke ontleder Henning Melber het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
Verskeie groot internasionale jagkonvensies en handelskoue het onlangs in die Verenigde State en Europa afgesluit, en die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Namibië se volhoubare jagmodel aktief bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Hannes du Plessis gesels, wat sê Namibië is goed ontvang en het by elke geleentheid voordeel…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.