
BOSA waarsku oor SA-ekonomie met oorlog
Loading player...
Build One South Africa sê die konflik in die Midde-Ooste sal nie tot die streek beperk bly nie, maar deur energiemarkte, voorraadkettings en tot in Suid-Afrikaners se daaglikse lewens versprei. Die Parlement het gister op BOSA se versoek ʼn debat gehou oor die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die gevolge wat dit vir Suid-Afrika inhou. BOSA-leier Mmusi Maimane sê Suid-Afrika is ʼn netto invoerder van ru-olie wat beteken plaaslike pryse is regstreeks gekoppel aan globale oliemarkte:

