DHPS se Musiekweek sluit af na groot sukses

Loading player...
'n Afvaardiging van 40 musikante, leerders en onderwysers van die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DHPS, is terug by die huis toe nadat hulle die Musiekweek van Duitse Internasionale Skole in Johannesburg bygewoon het. Kosmos 94.1 Nuus het met DHPS se musiekonderwyseres, Martina Visser, gepraat wat sê die week was op baie maniere waardevol en het 'n sterk verenigende band tussen Duitse skole in die Suider-Afrikaanse streek geskep.
20 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hardap-streek benodig meer radio-uitsendingstorings: ministerie

Die inligtingsministerie hou tans belanghebberkonsultasies in Mariental oor die uitbreiding van IKT-dienste in die Hardap-streek. Waarnemende hoofstreekbeampte Paulus Lewin het opgemerk dat hoewel netwerkdekking in die streek bogemiddeld is, meer radio-uitsendingstorings opgerig moet word, om toegang te verbeter vir mense wat in afgeleë dorpe en boerderygemeenskappe woon.
20 Mar 8AM 1 min

Moenie paniek-brandstofaankope doen, vra bedrysvereniging

Die Brandstofbedryfsvereniging van Suid-Afrika se Avhapfani Tshifularo vra motoriste om normale brandstof-aankooppatrone te handhaaf te midde van wêreldwye voorsieningsonderbrekings. Hy waarsku paniekaankope kan onnodige wanbalanse in die voorsieningsketting skep, en beklemtoon motoriste moet slegs volmaak wanneer hul tenk leeg raak. Tshifularo beklemtoon rasionele gedrag is noodsaaklik om te verseker die…
20 Mar 8AM 1 min

BOSA waarsku oor SA-ekonomie met oorlog

Build One South Africa sê die konflik in die Midde-Ooste sal nie tot die streek beperk bly nie, maar deur energiemarkte, voorraadkettings en tot in Suid-Afrikaners se daaglikse lewens versprei. Die Parlement het gister op BOSA se versoek ʼn debat gehou oor die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die…
20 Mar 6AM 1 min

Soedan: Omvang van nood is ondenkbaar

Save the Children UK sê dit is moeilik om te oordryf hoe ernstig die krisis rakende kindes in Soedan is. Die hoof van konflik en humanitêre voorspraak by die organisasie Orlaith Minogue het met SkyNews gepraat. Sy sê die omvang van humanitêre nood in die land is ondenkbaar.
20 Mar 6AM 1 min

Swapo en sy Russiese bande - regering moet oop kaarte speel

Namibië verdiep bande met Rusland ten spyte van daardie land se oorlog in Oekraïne en Westerse moondhede wat veiligheidskwessies opper. Bewerings van Russiese inmenging in Namibië se 2024-verkiesings het ook na vore gekom, hoewel Swapo dit sterk ontken. Politieke ontleder Henning Melber het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
20 Mar 6AM 1 min