
Swapo en sy Russiese bande - regering moet oop kaarte speel
Loading player...
Namibië verdiep bande met Rusland ten spyte van daardie land se oorlog in Oekraïne en Westerse moondhede wat veiligheidskwessies opper. Bewerings van Russiese inmenging in Namibië se 2024-verkiesings het ook na vore gekom, hoewel Swapo dit sterk ontken. Politieke ontleder Henning Melber het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verskuiwing van wêreldwye magsdinamika internasionale reg uitdaag, en sê die regering moet oop kaarte met Namibiërs speel oor sy buitelandse beleidsprioriteite.

