Pulane Nel-Sekepe, 'n liefhebber van mense en hul lewensverhale, begin 'n reis van betekenis en menslikheid in 'n nuwe potgooi wat poog om die ware menswees te vind, in elke geleefde oomblik.
Occasionally
Afrikaans South AfricaLeisure · Personal Journals
Vrywaring: Hierdie episode bevat volwasse inhoud en word aanbeveel om daarna te luister in die afwesigheid van klein ore. Pulane en Madeleen gesels oor fantasieë en hoe om dit te kommunikeer in jou verhouding. Wat is reg, wat is verkeerd, wat is vreemd en wat is normaal? Hoe vind ons…
Wees bewus van hoe jy met die persoon praat wat jy die liefste het. Is jou toon, en jou hart, respekvol teenoor hulle? Respek is 'n geskenk wat ons kies om te gee aan die mense vir wie ons lief is. Madeleen en Pulane delf hierdie week in die onderwerp…
"A two way street" - Jou maat gaan nie net weet wat jy nodig het nie, veral as jy self nie weet nie. Pulane en Madeleen gesels hierdie week oor behoeftes. Jy moet eers weet wat dit is wat jy nodig het en wil hê en dan moet jy dit…
Wat beteken dit nou eintlik om 'compatible' te wees? Of met iemand rerig te 'pas'? En, hoe belangrik is dit in 'n verhouding of 'n huwelik? Madeleen en Pulane spring in hierdie gesprek in en gesels oor dit wat meer belangrik is; opoffering en onvoorwaardelike aanvaarding.
Intimiteit in 'n huwelik is baie belangrik en mens het soms vrae wat nie maklik is om te vra nie. Vrae wat antwoorde het wat nie altyd gemaklik is nie, maar wel belangrik en baie nuttig om 'n gesonde intieme verhouding te bevorder. Madeleen gesels op heirde episode daaroor met…
Martin Luther King Jr. het gesê: "Vergifnis is nie 'n geleentheidsdaad nie; dit is 'n permanente houding." Vandag gesels Pulane en Madeleen oor verggifnis en hoe dit 'n keuse is en in die einde, 'n besluit om lief te hê.
Hoe praat jy met jou maat? Breek of bou jou woorde? 'n Mens moet begin bewus raak oor die impak wat jou woorde op jou maat he. Pulane en Madeleen gesels hierdie week oor emosionele mishandeling en die belangrikheid van doelbewustheid in die navigasie van hierdie moeilike onderwerp.
Hierdie week gesels Pulane en Madeleen oor reels en gewoontes wat n verhouding sterk maak. Maar die uitdaging le hier - om dit nie as reels te sien nei maar as waardes, waardes wat die bakstene van n sterk verhouding word.
Hierdie week op Truth Thursday gesels Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp oor kommunikasie in n verhouding. Dit is nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê - die bou van gesonde kommunikasiegewoontes is noodsaaklik vir 'n gelukkige en gesonde verhouding.
Hierdie week gesels Pulane Nel Sekepe en Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor kritiek en hoe n paartjie dit saam kan aanpak. Madeleen deel insig oor die verskillende redes hoekom mense krieties raak en hoe om albei kante beter te kan verstaan.
Hierdie week gesels Pulane Nel Sekepe en Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor skei en hoe paartjies op daai punt kom. Madeleen deel insig oor hoe mense op daai punt kom, hoe om deur die huwelik te werk en die verhouding te verbeter, asook hoe om deur al daai emosies…
Pulane Nel Sekepe gesels met Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor jaloesie en hoe dit jou huwelik of verhouding afekteer. Madeleen deel insig oor hoe om deur jaloesie te werk, hoe om albei kante te verstaan en hoe om mekaar daardeur te ondersteun.
Pulane Nel Sekepe gesels met Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor of dit regtig saak maak dat jy en jou maat perfek "pas" of nie. Is verhoudings werklik gebaseer op kompatibiliteit, of is daar ander belangrike faktore wat 'n suksesvolle verhouding bou? Madeleen deel insig oor wat werklik saak maak…
Pulane Nel Sekepe gesels met die kliniese sielkundige Madeleen Steenkamp oor die uitdagings en dinamika van skoonfamilie-verhoudings tydens die feestyd. Madeleen verduidelik hoe paartjies gesonde grense kan stel en steeds respek kan handhaaf in hul omgang met skoonfamilie.
Pulane Nel Sekepe gesels met kliniese sielkundige Madeleen Steenkamp, wat al meer as 30 jaar in Bloemfontein praktiseer en gespesialiseerd is in verhoudings- en seksterapie. In hierdie gesprek deel Madeleen haar diepgaande kennis oor die belangrikheid van intimiteit in huwelike.
Pulane Nel Sekepe gesels met Madeleen Steenkamp oor hoekom dit belangrik is om kwaliteit tyd saam met jou maat deur te bring om ’n gelukkige huwelik te bewerkstellig.
13 Nov 2024
6 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.