Menopouse – ’n nuwe fase wat begrip en ondersteuning vra
Loading player...
Pulane Nel-Sekepe vra vir Madeleen Steenkamp om ons meer te vertel oor menopouse – ’n natuurlike, maar dikwels uitdagende fase waardeur baie vroue gaan.
Hoewel sommige vroue min simptome ervaar en ander dit baie intens beleef, is een ding seker: hormoonveranderinge kan ’n groot invloed hê, nie net op ’n vrou se liggaam nie, maar ook op haar emosies, gemoed en algemene welstand.
Madeleen verduidelik hoe belangrik dit is dat ’n lewensmaat verstaan dat veranderinge in ’n vrou se gedrag of gemoed nie noodwendig persoonlik op hom gerig is nie. Veral wanneer ’n vrou meer geïrriteerd, emosioneel of oorweldig voorkom, is dit belangrik om nie dadelik aanstoot te neem nie, maar eerder die tekens raak te sien en met empatie en ’n sagte benadering met haar daaroor te praat.
Aan die ander kant is dit ook belangrik dat vroue bewus raak van die veranderinge wat hulle self ervaar en dit met hul lewensmaat kommunikeer. In plaas daarvan om uit frustrasie te reageer of hul maat te blameer omdat hy nie help nie, kan hulle probeer verduidelik: “Ek gaan tans deur ’n baie moeilike fase en ek het jou ondersteuning nodig.”
Uiteindelik gaan dit weer oor kommunikasie, begrip en spanwerk. Menopouse raak dalk die vrou se liggaam, maar met die regte ondersteuning hoef sy nie alleen daardeur te gaan nie.