OFM Praatjies Met Pulane

Praatjies Met Pulane

Pulane Nel-Sekepe, 'n liefhebber van mense en hul lewensverhale, begin 'n reis van betekenis en menslikheid in 'n nuwe potgooi wat poog om die ware menswees te vind, in elke geleefde oomblik.
Occasionally Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals
25 Episodes
1 – 20

Hoe hanteer ons hartseer en 'n verhouding wat eindig?

Statistiek toon dat 15% van verhoudings 'suksesvol' is, wat beteken dat daar 'n 85% kans is dat 'n verhouding in 'n gebroke hart kan eindig. Dit beteken nie dat ons nie 'n kans op liefde moet waag nie, ons moet, want dit is die mooiste ding. Maar hoe hanteer ons…
25 Sep 7 min

Hoe beïnvloed kindertrauma 'n verhouding?

Kindertrauma is bagasie wanneer dit in 'n verhouding ingedra word. Verhoudings hou 'n spieël op en daarom kan ou trauma weer opduik hoe beter jy iemand leer ken. Om dit te hanteer en te erken, kan jou verhouding help groei.
28 Aug 10 min

Flankeer hou die vlam aan die brand

Verlede week het ons bespreek hoe om die vlam lewendig te hou. Hierdie week kyk ons ​​na hoe... Flirtasie is pret en dra beslis by tot die romanse. Flankeer weer 'n bietjie met jou ander helfde en laat hulle spesiaal voel, nes toe julle begin uitgaan.
21 Aug 6 min

Herontdek die vlam van liefde

Soms raak verhoudings alledaags. Dit is wanneer dit belangrik word om die vlam van liefde aan die lewe te hou. Eenvoudige doelbewuste dade kan presies dit doen. Hierdie week gesels Pulane en Madeleen oor hoe om die vlam in jou verhouding weer aan te wakker.
14 Aug 6 min

Fantasieë en 'verskillende' verwagtinge

Vrywaring: Hierdie episode bevat volwasse inhoud en word aanbeveel om daarna te luister in die afwesigheid van klein ore. Pulane en Madeleen gesels oor fantasieë en hoe om dit te kommunikeer in jou verhouding. Wat is reg, wat is verkeerd, wat is vreemd en wat is normaal? Hoe vind ons…
7 Aug 15 min

Liefde en respek - en die belangrikheid daarvan

Wees bewus van hoe jy met die persoon praat wat jy die liefste het. Is jou toon, en jou hart, respekvol teenoor hulle? Respek is 'n geskenk wat ons kies om te gee aan die mense vir wie ons lief is. Madeleen en Pulane delf hierdie week in die onderwerp…
31 Jul 9 min

Behoeftes - Leer mekaar oor wat julle nodig het en wil hê.

"A two way street" - Jou maat gaan nie net weet wat jy nodig het nie, veral as jy self nie weet nie. Pulane en Madeleen gesels hierdie week oor behoeftes. Jy moet eers weet wat dit is wat jy nodig het en wil hê en dan moet jy dit…
10 Jul 8 min

'Compatibility' - Pas ons of pas ons nie?

Wat beteken dit nou eintlik om 'compatible' te wees? Of met iemand rerig te 'pas'? En, hoe belangrik is dit in 'n verhouding of 'n huwelik? Madeleen en Pulane spring in hierdie gesprek in en gesels oor dit wat meer belangrik is; opoffering en onvoorwaardelike aanvaarding.
3 Jul 6 min

Intimiteit in 'n huwelik en die belangrikheid daarvan

Intimiteit in 'n huwelik is baie belangrik en mens het soms vrae wat nie maklik is om te vra nie. Vrae wat antwoorde het wat nie altyd gemaklik is nie, maar wel belangrik en baie nuttig om 'n gesonde intieme verhouding te bevorder. Madeleen gesels op heirde episode daaroor met…
19 Jun 13 min

Vergifnis: 'n Vorm van liefde

Martin Luther King Jr. het gesê: "Vergifnis is nie 'n geleentheidsdaad nie; dit is 'n permanente houding." Vandag gesels Pulane en Madeleen oor verggifnis en hoe dit 'n keuse is en in die einde, 'n besluit om lief te hê.
12 Jun 12 min

Emosionele Mishandeling - Hoe om deur die rowwe waters te navigeer

Hoe praat jy met jou maat? Breek of bou jou woorde? 'n Mens moet begin bewus raak oor die impak wat jou woorde op jou maat he. Pulane en Madeleen gesels hierdie week oor emosionele mishandeling en die belangrikheid van doelbewustheid in die navigasie van hierdie moeilike onderwerp.
30 Apr 8 min

Waardes in 'n verhouding - Hoe om werklik saam te bou

Hierdie week gesels Pulane en Madeleen oor reels en gewoontes wat n verhouding sterk maak. Maar die uitdaging le hier - om dit nie as reels te sien nei maar as waardes, waardes wat die bakstene van n sterk verhouding word.
24 Apr 7 min

Truth Thursdays Ep9: Kritiek - Sit saam en gesels

Hierdie week gesels Pulane Nel Sekepe en Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor kritiek en hoe n paartjie dit saam kan aanpak. Madeleen deel insig oor die verskillende redes hoekom mense krieties raak en hoe om albei kante beter te kan verstaan.
6 Feb 7 min

Truth Thursdays Ep8: Om te skei of nie? En hoe om dit te vermy.

Hierdie week gesels Pulane Nel Sekepe en Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor skei en hoe paartjies op daai punt kom. Madeleen deel insig oor hoe mense op daai punt kom, hoe om deur die huwelik te werk en die verhouding te verbeter, asook hoe om deur al daai emosies…
30 Jan 8 min

Truth Thursdays Ep 7: Jaloers Bokkie

Pulane Nel Sekepe gesels met Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor jaloesie en hoe dit jou huwelik of verhouding afekteer. Madeleen deel insig oor hoe om deur jaloesie te werk, hoe om albei kante te verstaan en hoe om mekaar daardeur te ondersteun.
23 Jan 10 min

Truth Thursdays Ep6: Pas ons of pas ons nie - Hoe het ek dit met jou?

Pulane Nel Sekepe gesels met Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor of dit regtig saak maak dat jy en jou maat perfek "pas" of nie. Is verhoudings werklik gebaseer op kompatibiliteit, of is daar ander belangrike faktore wat 'n suksesvolle verhouding bou? Madeleen deel insig oor wat werklik saak maak…
16 Jan 10 min
1 – 20