Pulane Nel-Sekepe, 'n liefhebber van mense en hul lewensverhale, begin 'n reis van betekenis en menslikheid in 'n nuwe potgooi wat poog om die ware menswees te vind, in elke geleefde oomblik.
Occasionally
Afrikaans South AfricaLeisure · Personal Journals
Die 1 wat wel die broek dra, moet daardie eer en voorreg verdien deur 'n goeie leier te wees, en nie 'n diktator wat alles op almal wil afdwing nie. Dalk is dit nodig dat daar meer as 1 broek in die huis gedra word, afhangend van watter sterkpunte elke…
Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein, raak vandag aan die hartsnare met haar gesprek oor: Wat is liefde? Hoe jy liefde ervaar, kan heeltemal verskil van jou maat se behoeftes. En as daardie "gee-en-neem"-verhouding nie gebalanseerd is nie, gaan een van die maats afgeskeep voel en nie geliefd voel…
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor 'n baie sensitiewe onderwerp... SKOONMA. Is Skoonma die skuldige een wat dalk nie wil laat gaan nie? Is die Skoonseun/Skoondoger dalk skuldig want hul het jaloesie probleme? Is die eie Kind dalk die probleem, want hul pak by hul ma af oor hul…
Pulane en Madeleen gesels oor die 'clutter' in die huis wat 'n groot probleem kan wees in jou verhouding. Vir die 1 maat bring dit vreugde, en die ander maat angs. Verstaan jy die rede agter jou maat se behoefte vir 'n netjiese of deurmekaar huis? Is jy bereid om…
Madeleen Steenkamp gesels met Pulane oor die "curfew" in jou verhouding wat jou laat veilig voel of laat vry voel, wat jou ongemaklik maak of wat jou laat gevange voel. Kom luister saam vir raad oor hoe om hierdie onderwerp met jou maat te bespreek as dit iets is wat…
Pulane en Madeleen gesels oor 'n onderwerp wat party paartjies kan gryshare gee, as hul nie hul maat se spesifieke behoeftes in ag neem nie. Hoeveel intimiteit is die regte hoeveelheid? Wanneer is dit te veel of te min? Kom luister saam en leer meer op hierdie "Truth Thursday" praatjie.
Natuurlik! Pulane en Madeleen gesels oor hoe gesonde en mooi gewoontes in jou verhouding eie is aan jou en jou maat. Julle roetines maak julle uniek en bring ’n gevoel van veiligheid, waar julle gemaklik voel en julleself kan wees. Dit gee jou ook ’n meetbare maatstaf waarvolgens jy kan…
Om beskikbaar te wees vir jou maat is meer as net om teenwoordig te wees. Luister ek wanneer hulle praat? Neem ek die tyd om hul hart te verstaan en hulle te ontmoet waar hulle is? Dit is wat dit beteken om werklik beskikbaar te wees, om emosioneel beskikbaar te…
Om te baklei is om te kommunikeer - as ons dit mooi en reg doen - goeie baklei is goeie kommunikasie. Madeleen en Pulane gesels hierdie week oor baklei en konflik in 'n verhouding. Baklei, op die regte manier, is 'n gesonde deel van 'n verhouding. Ons hoef nie bang…
As jy die vonk in jou verhouding lewendig wil hou is dit eintlik eenvoudig - Maak mooi herinneringe saam, maak nuwe herinneringe saam. Madeleen Steenkamp vertel vandag vir Pulane Nel-Sekepe hoe iets so eenvoudig soos dit weer bietjie liefde en lewe in jou verhouding kan kweek.
Wanneer depressie lei tot gedagtes van selfbesering of selfmoord, kan ons die persoon vir wie ons die liefste is daardeur ondersteun? Die pyn van jou maat word jou eie. As jy of jou maat sukkel met selfmoordgedagtes, hoe ondersteun julle mekaar wanneer julle geestesrealiteite verskil, maar die gewig van depressie…
Om bewus te word van ons eie selfsug is om in liefde te groei. Madeleen Steenkamp is hierdie week terug om oor selfsug te gesels. Hoe word ons bewus van ons eie selfsug? "We are witnesses to each other's lives" sê Madeleen, en so help ons mekaar om bewus te…
Madeleen Steenkamp is terug op Praatjies met Pulane en hierdie keer kom sy met 'n uitdaging vir diegene wat meer liefde in hul lewens wil ervaar. 'n 21-dae uitdaging - om meer doelbewus lief te hê, met ons woorde en ons dade. Die vrug? Hoe meer liefde jy gee, hoe…
Wanneer een (of albei) stilbly, praat emosies dikwels die hardste. Madeleen Steenkamp en Pulane Nel-Sekepe bespreek vandag die impak van stilstuipe en hoe om weer verbinding te maak.
Ons ondersoek hoekom paartjies vasval in dieselfde argumente en wat werklik agter die herhalende konflikte lê – plus praktiese maniere om die siklus te breek.
Wanneer iemand wat jy liefhet vasgevang is in mede-afhanklikheid, kan dit maklik voel asof jy hulle nie kan help nie. Ware hulp begin egter by jou eie bewustheid en genesing. Deur eerlik na jou eie rolle en patrone te kyk, leer jy hoe om grense te stel, te ondersteun sonder…
Hoe kies ons om ons geloof in 'n verhouding te navigeer? Madeleen en Pulane bespreek die neem van moeilike besluite, die respekteer van mekaar en die aangaan van kompromieë, veral met die toekoms en die grootmaak van kinders in gedagte.
Om met iemand uitmekaar te gaan is nooit maklik nie. Dit maak seer. Die ander kant is ook nooit maklik nie. Niemand wil op breek nie, maar soms besluit mense hierdie verhouding werk nie meer vir hulle nie. Om self met iemand op te breek is ook moeilik. Madeleen Steenkamp…
Statistiek toon dat 15% van verhoudings 'suksesvol' is, wat beteken dat daar 'n 85% kans is dat 'n verhouding in 'n gebroke hart kan eindig. Dit beteken nie dat ons nie 'n kans op liefde moet waag nie, ons moet, want dit is die mooiste ding. Maar hoe hanteer ons…
Kindertrauma is bagasie wanneer dit in 'n verhouding ingedra word. Verhoudings hou 'n spieël op en daarom kan ou trauma weer opduik hoe beter jy iemand leer ken. Om dit te hanteer en te erken, kan jou verhouding help groei.
28 Aug 2025
10 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.