Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
220 Episodes
60 – 80

Habitat

’n Habitat is ’n spesifieke natuurlike gebied of fisieke omgewing waarin ’n gegewe soort dier, plant of organisme leef. ’n Habitat kan ook ’n ekostelsel of ’n bioom genoem word.
19 May 2025 13 min

Grondsoorte

Het jy al gewonder hoeveel grond daar op aarde is en waar dit vandaan kom? Toe die aarde baie, baie jare gelede gevorm is, het dit net uit rotse bestaan. Soos die rotse verkrummel het en dit deur wind en water verweer is, is grond gevorm.
19 May 2025 6 min

Genesende eienskappe van die aalwyn

Sedert antieke tye is aalwyne in Egiptiese hiërogliewe en in die San en Khoi se rotstekeninge opgeteken. Dié groen vetplant met die sagte, deurskynende gel (taai vloeistof) in sy blare, is nie net mooi in jou tuin of in ’n pot in die huis nie, maar het ook ’n lang…
19 May 2025 6 min

Fiksheid

Oefening verskaf suurstof en voedingstowwe aan die liggaam. As jou hart- en longgesondheid verbeter, het jy sommer baie meer energie om jou skoolwerk en aktiwiteite aan te pak. Oefening maak boonop jou immuunstelsel sterk, wat beteken jy sal nie so maklik siek word nie.
19 May 2025 4 min

Ekosisteme

ʼn Ekosisteem is al die diere en plante in ʼn bepaalde gebied en hul verhouding met mekaar en hul omgewing. Dit word gesien as ʼn biologiese sisteem van organismes wat saam met en op mekaar inwerk, asook die omgewing waarin dit plaasvind.
19 May 2025 8 min

Digtheid

Digtheid is ’n woord wat ons gebruik om te beskryf hoeveel ruimte ’n voorwerp of stof inneem (die volume) in verhouding tot die hoeveelheid materie in die voorwerp of stof (die massa).
19 May 2025 5 min

Dieremishandeling

Dieremishandeling is enige wreedheid teenoor diere en as diere van basiese dinge soos kos, vars water, skuiling en sorg ontneem of weerhou word.
19 May 2025 5 min

Die kamera

ʼn Kamera is ʼn wonderlike uitvinding. Dink net hoe lekker dit is om ons gunstelingoomblikke met ons selfoonkameras vas te vang. Ons kan dié foto’s dadelik sien, vir ons vriende stuur of op sosiale media deel.
19 May 2025 10 min

Behoeftes en begeertes

Mense het oneindige behoeftes en begeertes wat deel vorm van hulle alledaagse bestaan. ʼn Behoefte is iets waarsonder jy nie kan oorleef nie, terwyl ʼn begeerte iets is wat jy graag wil hê, maar nie nodig het nie en dus daarsonder sal kan oorleef.
19 May 2025 7 min

Aarde

Die aarde, die planeet waarop mense woon – die enigste planeet waarop lewe kan bestaan – is ʼn sfeer, wat beteken dat die aarde effens platter by die pole is en meer uitbult by die ewenaar.
29 Nov 2024 10 min

Geelhoutboom

Die geelhoutboom is Suid-Afrika se nasionale boom, een van ons nasionale simbole. Ons het ook ’n nasionale volkslied, vlag, wapen, dier, voël, vis en blom.
29 Nov 2024 5 min

Wonings

Oor die eeue heen het die verskillende soorte wonings in Suid-Afrika aangepas by die verskillende tydvakke. Elke kultuurgroep het sy eie soort woning gehad wat by elke groep se leefstyl gepas het en ook afgehang het van die soort boumateriaal wat beskikbaar was.
27 Nov 2024 11 min

Wêreldkaart en kompasrigtings

Die aarde is ʼn groot plek, en sonder kaarte sou ons nie weet waar iets is nie. Daar is baie soorte kaarte, wat verskillende plekke en dinge aantoon. Die wêreldkaart toon ʼn groot, oorhoofse prentjie van wat op die aarde se oppervlak geleë is.
27 Nov 2024 12 min

Vroeë argitektuur aan die Kaap

Nadat Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, moes daar geboue opgerig word. Boumateriaal wat plaaslik beskikbaar was, is hiervoor gebruik. Die soort boumateriaal wat daar was, het ʼn invloed gehad op die soort bouwerk wat gedoen kon word.
27 Nov 2024 25 min

Kolonisering van die Kaap

Die oorloë wat aan die einde van die 18de eeu deur die Franse Revolusie in Europa begin is en aan die begin van die 19de eeu deur Napoleon voortgesit is, het duidelik gewys dat die Kaap strategiese waarde as ʼn koloniale besitting het.
27 Nov 2024 18 min

Grondwet en Regstelsel

Die Grondwet is die hoogste reg van die Republiek van Suid-Afrika. Die Grondwet van Suid-Afrika is op 8 Maart 1996 aanvaar.
27 Nov 2024 9 min

Geelsug

’n Mens se liggaam verklap dikwels baie geheime oor ons gesondheid. Soms hoef ’n dokter net in ons oë of na ons velkleur te kyk om te weet dat ons ’n onderliggende siektetoestand het. Een só ’n siekte is geelsug (Engels: jaundice), waar die wit van ’n mens se oë,…
27 Nov 2024 9 min

Die stoomenjin en trein

Die stoomenjin was een van die belangrikste uitvindings van die Industriële Revolusie. Stoomenjins is in allerlei toepassings gebruik, insluitend fabrieke, myne, lokomotiewe en stoombote.
27 Nov 2024 11 min

Die Renaissance

Die Renaissance was ʼn baie opwindende tydperk in Europa se geskiedenis, en as ʼn mens kyk na wat die woord “Renaissance” beteken, kan jy sommer raai dat dit die begin van groot dinge was. Die woord “Renaissance” kom van die Franse woord renaître en beteken ‘hergeboorte’.
27 Nov 2024 19 min

Waens en koetse

Waens en koetse is van die vroegste vervoermiddels. Ons ouers se oumas en oupas het nog met ossewaens gereis en Sondae in ’n blinkgepoetsde koets kerk toe gery. ’n Mens kon nie sommer net besluit jy wil gou winkel toe gaan nie. Uitstappies en inkopies was beperk en was groot…
26 Nov 2024 6 min
60 – 80