Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
220 Episodes
80 – 100

Vroeë godsdiens in Suid-Afrika

Die Christelike geloof het Suid-Afrika bereik deur die Europeërs wat Suid-Afrika ontdek en sedert die 1600’s bewoon het. Vandag word Suid-Afrika die reënboognasie genoem, vanweë die groot verskeidenheid van mense, kulture en ook godsdienste, wat in hierdie land aangetref word.
26 Nov 2024 7 min

Ystertydperk

Die Ystertydperk was die laaste stadium in hierdie opeenvolgende tydperke: Steentydperk, Bronstydperk en Ystertydperk. Datums vir die begin van die Ystertydperk verskil in verskillende dele van die wêreld.
26 Nov 2024 7 min

Selle en batterye

Dit is amper onmoontlik om jouself ʼn wêreld sonder batterye voor te stel. Dink net aan alles wat ons elke dag gebruik wat met batterye werk: flitse, radio’s, selfone, skootrekenaars, die televisie se afstandbeheerder en selfs motors. As ons nie batterye gehad het nie, sou ons alles permanent met kabels…
26 Nov 2024 5 min

Mynbou

Die aarde se kors bevat 'n groot hoeveelheid minerale en ander materiale wat baie nuttig vir mense is. Om hierdie waardevolle, natuurlike hulpbronne te bekom, moet mense in die grond delf of myn. Die gate wat hulle grawe, word myne genoem. Mynbou speel ‘n geweldige groot rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie…
26 Nov 2024 8 min

Minerale van Suid-Afrika

Suid-Afrika is baie ryk aan minerale soos goud, platinum, diamante, chroom, vanadium, mangaan en titaan, asook uraan, kobalt, koper, ystererts, nikkel, sink, kalksteen, rotsfosfaat, en nog vele meer. Die meeste minerale is in die noordoostelike deel van ons land gekonsentreer.
26 Nov 2024 8 min

Mars

Mars, ook bekend as die rooi planeet, is een van agt planete wat rondom die son wentel en deel van die sonnestelsel vorm. Die planete in die sonnestelsel beweeg in ʼn sirkel om die son. Die planete hou nooit op beweeg nie en word deur swaartekrag in hulle bane gehou…
26 Nov 2024 6 min

Groei

Groei vind plaas wanneer selle in ’n lewende organisme vermeerder in grootte en aantal. ’n Lewende organisme hou in sy hele leeftyd aan met groei op verskillende maniere.
26 Nov 2024 7 min

Geweld

Geweld lei tot verdere geweld (met ander woorde as jy aan baie geweld blootgestel word, kan jy dalk self geneig wees om geweld te gebruik of gewelddadig op te tree) en kan van een geslag na ’n volgende oorgedra word.
26 Nov 2024 8 min

Geraasbesoedeling

Geraas is egter ’n perd van ’n ander kleur! Net soos ons lugbesoedeling kry van fabrieke of motors se uitlaatgasse, of waterbesoedeling van mense se rommel en riool wat in water beland, net so kry ons geraasbesoedeling. Dié onsigbare vorm van besoedeling is baie sleg vir ons gesondheid en beïnvloed…
26 Nov 2024 5 min

Erosie

Erosie is die verbrokkeling en slytasie van grond of rots deur water, ys en wind. Die belangrike ding om te onthou, is dat daar altyd beweging betrokke is; die gronddeeltjies of klippies word weggevoer. Erosie is ʼn geologiese proses: iets wat dus met die aarde se oppervlak oor ʼn tydperk…
26 Nov 2024 9 min

Dubbel- en meervoudige sterre

Sterre fassineer mense al vir duisende jare, en eens op ʼn tyd het hulle nie eens geweet wat dit is nie. Daar was allerhande teorieë soos dat sterre ligte was wat aan die lug gehang het en dat sterre sekere magte gehad het en aanbid moes word!
26 Nov 2024 6 min

Die maan

Die maan se bewegings is baie ingewikkeld omdat dit deur die aantrekkingskrag van die aarde, die son en die ander planete beïnvloed word. Omdat dit in vergelyking met die sterre so vinnig beweeg en ook vanweë sy opvallende skyngestaltes, was die maan boonop ʼn belangrike faktor ten opsigte van tydrekening.
26 Nov 2024 14 min

Aardkors

Het jy geweet dat die aarde ook ’n kors het? Dit is natuurlik hier waar ons woon: bo-op die kors! Die aarde bestaan uit drie hooflae: die kors, die mantel en die kern. Die mantel kan verder verdeel word in die boonste mantel en die onderste mantel, terwyl die kern…
26 Nov 2024 7 min

Beroerte

ʼn Beroerte vind plaas wanneer die bloedtoevoer na ʼn deel van die brein onderbreek of verminder word, wat veroorsaak dat breinweefsel nie genoeg suurstof en voedingstowwe kry nie. Dit lei daartoe dat breinselle binne minute begin doodgaan. ʼn Beroerte is ʼn ernstige mediese noodgeval, en vinnige behandeling deur ʼn dokter…
26 Nov 2024 10 min

Alexander Graham Bell

Danksy die vindingrykheid van die Skotse uitvinder Alexander Graham Bell was afstand skielik nie meer ʼn probleem nie, want mense kon mekaar bel! Alexander Graham Bell was egter veel meer as net die uitvinder van die telefoon; die feit dat beide sy ma en later ook sy vrou doof was,…
26 Nov 2024 9 min

Woede

Woede is ʼn sterk gevoel van kwaadheid wat jy nie kan beheer nie. ʼn Mens word gewoonlik woedend wanneer jy beledig of verontreg voel, of wreedheid en onreg sien plaasvind. ʼn Persoon wat woede ondervind, sal dikwels fisieke toestande ervaar, soos 'n vinnige hartklop, verhoogde bloeddruk en verhoogde vlakke van…
22 Nov 2024 4 min

Volume van klank

Hoe harder die musiek, hoe geselliger die partytjie, of hoe? Het jy al gewonder hoe volume werk? Wel, voordat ons volume kan verstaan, is dit belangrik om eers te kyk na waar klank vandaan kom. Alle klank is ’n vibrasie of golf wat deur materie beweeg (vaste stof, vloeistof of…
22 Nov 2024 5 min

Voedselgroepe

’n Gebalanseerde dieet is ’n dieet wat uit die regte aantal porsies van al die voedselgroepe bestaan sodat ons onder meer genoeg vitamiene en minerale inneem. Ons moet ook genoeg water drink. Hoewel water nie energie verskaf nie, is dit steeds ’n voedingstof. Ongeveer 60% van ’n mens se liggaamsmassa is water en die…
22 Nov 2024 7 min

Uitskeiding

Uitskeiding (ook ekskresie genoem) is wanneer stowwe uitgeskei word. Dit is ’n natuurlike proses vir mens, dier en plant om van afvalstowwe ontslae te raak en is een van die sewe basiese lewensfunksies.
22 Nov 2024 6 min

Strukture van diere en sigbare verskille

Alle diere is aangepas en het strukture wat hulle help om by hul omgewing aan te pas en te oorleef. Sommige strukture help diere om kos te vind, soos die uitstekende sig (oë) van ’n arend (wat vier keer beter as ’n mens kan sien!). Ander diere het kamoeflering wat…
22 Nov 2024 8 min
80 – 100