Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
220 Episodes
40 – 60

Die lewensiklus van diere

Alle lewende organismes gaan deur verskillende veranderings soos hulle groter of ouer word, hetsy dit ’n baie klein bakterie of groot blouwalvis is. Jy het van ’n embrio tot ’n fetus in jou ma se baarmoeder gegroei totdat die tyd gereed was dat jy gebore moes word.
27 Jun 2025 8 min

Die fiets

Die fiets lyk miskien na ’n baie eenvoudige ding – ’n raamwerk, twee wiele, pedale, ’n saal. Tog het dit baie jare en baie mense geneem om die fiets te ontwikkel van ’n baie ongemaklike kontrepsie tot die betroubare ryding van vandag.
27 Jun 2025 6 min

Dans

Dans is 'n opeenvolging van bewegings van die voete en lyf op die maat van musiek, deur een mens, 'n paar of 'n groep. Daar is verskeie vorme van dans: ‘n informele manier vir sosiale ontspanning en pret, of ‘n formeler vorm wat ‘n spesifieke styl behels.
27 Jun 2025 16 min

Atleetvoet

Atleetvoet is ʼn velinfeksie wat deur ʼn swam veroorsaak word. Dit kan herken word deur blase wat op die voet verskyn.
27 Jun 2025 2 min

Watersuiwering

Die proses om water skoon te maak, word watersuiwering genoem, en die plek waar dit gebeur, word ’n watersuiweringsaanleg genoem.
19 May 2025 7 min

Watersiklus

Die aarde se water sirkuleer in ’n nimmereindigende siklus wat die water- of hidrologiese siklus genoem word en insluit: verdamping, kondensasie en neerslag.
19 May 2025 12 min

Waterbesoedeling

Waterbesoedeling is nie ʼn nuwe probleem nie. Deur die eeue heen het cholera-, tifus-, en disenterie-epidemies dikwels voorgekom weens besmette drinkwater. Dié besoedeling was egter tot ‘n spesifieke area of gebied beperk, terwyl waterbesoedeling vandag wêreldwyd ʼn enorme probleem is.
19 May 2025 24 min

Vuur

Vuur is die sigbare verskynsel van iets wat brand en vlamme, hitte, ʼn gloed of lig uitstraal.
19 May 2025 7 min

Voedselveiligheid

Dit is baie belangrik vir ons gesondheid om seker te maak dat ons kos reg hanteer, voorberei én bêre – nie net moet ons ons hande was voordat en terwyl ons met kos werk nie, ons moet ook enige plek waar met kos gewerk word, skoon hou. ʼn Mens noem…
19 May 2025 9 min

Voedselketting

‘n Voedselketting beskryf hoe elke organisme voedsel verkry en hoe energie van die een organisme na die volgende vloei.
19 May 2025 8 min

Straling

Straling is die uitsending van energie deur middel van elektromagnetiese golwe of elementêre deeltjies.
19 May 2025 9 min

Seisoene

Die jaar word – na aanleiding van die aarde se veranderende posisie met betrekking tot die son – in vier periodes, tydperke of seisoene verdeel. Dit het natuurlike klimaatswisselinge of verskynsels wat hulself jaarliks herhaal, tot gevolg.
19 May 2025 8 min

Savannes

ʼn Savanne of savanna is ʼn gebied met oop grasvelde waarin verspreide groepe bome voorkom.
19 May 2025 6 min

Posstelsel

Die gebruik van ’n posstelsel om boodskappe oor te dra, is reeds vir baie eeue wêreldwyd ’n bekende verskynsel. Hoewel die doel dieselfde bly – naamlik om boodskappe of inligting van een punt na ’n ander te kry – het posdienste baie groot veranderinge ondergaan van die vroegste tye tot…
19 May 2025 14 min

Mineralerevolusie

Die minerale revolusie in Suid-Afrika is ʼn belangrike ontwikkeling in die land wat met die vind van minerale gepaardgegaan het. Goud en diamante is baie waardevol en kos baie geld en daarom was dit juis groot nuus toe dit hier gevind is.
19 May 2025 15 min

Mimiek

Mimiek vorm deel van drama en is ʼn gerekende kunsvorm in eie reg.
19 May 2025 4 min

Metale en niemetale

Die meeste metale is hard, blink, voel swaar en smelt slegs as dit teen baie hoë temperature verhit word. ’n Niemetaal is ’n chemiese element wat eienskappe van ’n metaal én ’n niemetaal het.
19 May 2025 8 min

Melkweg

Die Melkweg of Melkwegstelsel is ’n enorme groot sterrestelsel van miljoene der miljoene sterre waarin ons eie son en sy planete ook voorkom.
19 May 2025 8 min

Jaloesie

Hoewel jaloesie ’n emosie is wat algemeen ervaar word, word dit baie min openlik erken of daaroor gepraat. Die idee bestaan dat ʼn persoon wat gevoelens van jaloesie sou ervaar, of dit sou erken, ʼn swakkeling is of onseker oor hom- of haarself is.
19 May 2025 6 min

Hendrik Pierneef

Dit is onbetwisbaar dat Pierneef een van Suid-Afrika se bekendste en beroemdste skilders, veral van landskaptonele, is. Geslagte Suid-Afrikaners ken Pierneef se kenmerkende skilderye.
19 May 2025 15 min
40 – 60