
Insekte
Loading player...
Skoenlappers, bye, miere, sprinkane, naaldekokers, kewers en vlieë is almal deel van die enorme insekfamilie. As jy gedink het jy het ʼn groot familie, moet jy die insekfamilie sien. Hulle is soms klein tot piepklein, maar hulle vorm saam die grootste groep diere op ons planeet. Ongeveer 75% van alle diere op aarde is insekte.





