
Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK)
Loading player...
Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) onder leiding van Desmond Tutu moes Suid-Afrikaners met hierdie proses help. Oor ʼn tydperk van twee jaar het die WVK 140 verhore landwyd gehou. Altesaam 21 400 slagoffers het verklarings ingedien, 27 000 slagoffers se name is opgeteken en 7 124 oortreders (mense wat iets verkeerd gedoen het) het om amnestie aansoek gedoen.





