100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
540 – 560

Mpumalanga deel medelye na afsterwe van Buthelezi

Die Mpumalanga regering het sy medelye betuig aan die familie van wyle prins Mangosuthu Buthelezi. Die stigtingsleier van die Inkatha Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zulu-koning en -volk, is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 oorlede. Sy begrafnisdiens vind Vrydag plaas. Die KwaZulu-Natal Provinsiale Regering sê Buthelezi se…
11 Sep 2023 6AM 1 min

Vier ondervra na diefstal van duisende liters diesel

Die polisie in Komatipoort het vier mans vir ondervraging ingeneem ná meer as 32-duisend liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is. Volgens die polisie het die bestuurder by 'n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie…
11 Sep 2023 5AM 1 min

Man gearresteer wat glo swanger vrou in middestad doodskiet

‘n 36-jarige vrou is Woensdagoggend in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was sy op pad werk toe, toe iemand in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar geskiet het. ‘n 33-jarige man is gisteraand in Louw’s Creek in verband met die moord in hegtenis geneem…
8 Sep 2023 3AM 1 min

Gru-ongeluk op N4 Schoemanskloof eis vragmotorbestuurder se arm

'n Gru-ongeluk op die N4 Schoemanskloof het vanoggend 'n vragmotorbestuurder se arm geëis. Volgens ‘n woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het twee vragmotors teen mekaar gebots. Een het omgekeer en die pad versper. Die bestuurder is kritiek beseer. Sy regterarm is tydens die ongeluk geamputeer. Hy is per helikopter…
7 Sep 2023 6AM 1 min

Manne vas wat gekaapte bakkie by polisiestasie parkeer

Drie verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof vir die besit van 'n na bewering gekaapte voertuig. Hulle is Dinsdag aangekeer toe hulle ‘n wit dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie - wat verlede November in Gauteng gekaap is - op die perseel van ‘n polisiestasie geparkeer het. Hulle het in die bakkie bly…
7 Sep 2023 5AM 1 min

Man probeer glo 50-kilogram heroïen die land insmokkel

’n Manlike taxibestuurder is Maandagmiddag met sowat 50 kilogram heroïen by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem. Volgens inligting was lede van die SAPD wat by die grens werk, besig met hul normale roetine-pligte toe hulle 'n sekere Toyota Quantum-minibus met Noordwes-registrasienommerplate voorgekeer het. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, sê…
7 Sep 2023 5AM 1 min

DA waarsku oor Sabie se water

Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en risiko van waterdraende siektes aangesien hul vars water erg besmet is met E-coli en fekale koliforme bakterieë. Volgens die DA-parlementslid, Sonja Boshoff, is dit onthul in 'n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die sakekamer en…
7 Sep 2023 5AM 1 min

Mpumalanga spandeer miljoene aan mediese nalatigheid

Die DA in Mpumalanga doen ’n beroep op die provinsiale departement van gesondheid om dissiplinêre maatreëls in te stel vir gesondheidswerkers wat die departement aan miljoene Rande in aanspreeklikheid blootgestel het. Volgens DA-lid, Jane Sithole, toon die jongste kwartaalverslae dat die departement meer as 83-miljoen-Rand aan voorwaardelike aanspreeklikhede weens beweerde…
7 Sep 2023 4AM 1 min

Mbombela verligtingskema vir behoeftige huishoudings

Mbombela het hul verligtingskema vir behoeftige huishoudings bekendgestel. Dit bied hulp vir huishoudings op hul erfbelasting sowel as dienste soos vullisverwydering. Behoeftige huishoudings kwalifiseer ook om maandeliks 50 eenhede elektrisiteit gratis te kry. Cynthia Brown van Mbombela-munisipaliteit verduidelik hoe om aansoek te doen in enige van die 45 wyke in…
7 Sep 2023 2AM 1 min

Vrou doodgeskiet by taxi-halte in Mbombela

‘n 36-jarige vrou is vanoggend by die minibustaxi-halte in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisie het die voorval om ongeveeer 20-oor-vyf gebeur. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die vrou was op pad werk toe toe mense in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar in die bolyf geskiet…
6 Sep 2023 9AM 1 min

Parkeweek is om die draai

Die lente is hier en hierdie Erfenismaand bied SANParke die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Vanaf 18 tot 22 September kan Suid-Afrikaners gratis toegang tot die Krugerwildtuin verkry as dagbesoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, ike Phaahla, sê die doel van die week is vir mense om hul natuurlike erfenis te…
1 Sep 2023 5AM 1 min

DA sê Mpumalanga laat na om skole te herstel

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, moet verduidelik hoekom sy departement hul Infrastruktuur-toelaag onder-spandeer. Volgens DA-lid Jane Sithole het 72 skole die afgelope jare stormskade gely. Sy sê verskeie skole in Gert Sibande en Nkangala distrikte is ook verlede week deur sterk winde beskadig. Sovêr…
31 Aug 2023 5AM 1 min

TRAC pas instandhouding aan om nie N4-verkeer te ontwrig nie

TRAC N4 gradeer tans die pad tussen Kaalrug en Malalane-hek op, wat gister tot groot verkeersopeenhopings gelei het. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit word verbreed na ‘n vier-baan met ‘n nuwe duikwegbrug. Sy sê vir verg die sluiting van bane, maar om te verhoed dat verkeer soos gister weer ophoop,…
30 Aug 2023 9AM 1 min

Vrou aangekla van moord na sy glo haar baba in hut aan brand steek

‘n 28-jarige vrou verskyn môre in die hof in Emalahleni op ‘n moordaanklag weens bewerings dat sy haar sewe-maande-oue-babadogter doodgebrand het. Volgens die polisie het die voorval Sondagoggend om ongeveer 3-uur by Vosman naby Witbank plaasgevind. Die polisiewoorvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê sy het na bewering die hut met haar…
28 Aug 2023 9AM 1 min

DA sê Thaba Chweu dring aan om ANC-kaders aan te stel

Die DA in Thaba Chweu sê die stadsraad probeer steeds mense onregmatig aanstel. Volgens raadslid, Spiridon Couvaras, het die munisipaliteit tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 15 Augustus probeer om die vereiste oor minimum kwalifikasies en ondervinding vir senior bestuurders opsy te skuif. Dit volg na weke se betogings oor aanstellings…
18 Aug 2023 7AM 1 min

Chef Cindy aanvaar die pannekoek-uitdaging

Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation het die uitdaging aanvaar om 15 000 pannekoeke binne 30 dae te bak - vir bewusmaking oor outisme en 'n fondsinsameling vir hierdie nie-winsgewende organisasie. Bestel joune vooraf!
18 Aug 2023 3AM 4 min

LUR op missie om matrikulante te motiveer

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sit vandag sy motiveringstoer voort by skole wat verlede jaar nie ‘n 70-persent matriekslaagsyfer kon behaal nie. Hy besoek Moses Mnisi Sekondêr in Bosbokrand om matrikulante van sewe skole aan te moedig om hul volle potensiaal tydens die eindeksamen te bereik.
17 Aug 2023 5AM 1 min

Mpu onderwys sê onnies is betaal

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hulle het die ses onderwsyers by Lamulelani High in Marite in Bosbokrand wat glo sonder betalings gewerk het, betaal wat hulle toekom. Dit volg op mediaberigte oor die tydelike onderwysers wat vir meer as ‘n jaar lank nie betaal is nie. 'n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê…
17 Aug 2023 5AM 1 min

DA sê mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga die swakste

Die DA in Mpumalanga sê die mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga is die swakste in die land. Dit is volgens die Bloudruppel-verslag vir 2022/23 wat in Junie vrygestel is. DA-lid Trudie Grové-Morgan sê 15 van die 17 stelsels in die provinsie word as goed tot gemiddeld beskou, maar die…
16 Aug 2023 2AM 1 min
540 – 560