DA vra ondersoek na Schoemansdal-stadion

Loading player...
Die DA in Mpumalanga vra ‘n ondersoek na die konstruksie van Schoemansdal-stadion in Nkomazi wat 20 jaar gelede begin het. Volgens Trudie Grove-Morgan van die DA het Fase 1 van die projek, wat behels het om die veld skoon te maak en kleedkamers te bou, 1,3-miljoen-Rand gekos. Die projek is daarna laat vaar. Grove-Morgan voer aan die destydse bestuurder van Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, Thoko Mashiane, moet verduidelik wat geword het van die ander nagenoeg 44-miljoen-Rand wat vir die hele projek bewillig is.
19 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min