Dodetal in massa-skietery by taverne in Kanyamazane styg tot twee

Loading player...
# Die polisie is op soek na twee verdagtes wat vroeg Sondagoggend betrokke was by 'n skietery by 'n taverne in Entokozweni. ‘n Man wat nog nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli het twee gewapende mans met klapmusse net ná middernag onoordeelkundig met vuurwapens in die taverne losgebrand. Sowat 15 ander mense is gewond. Een van hulle het intussen aan sy wonde beswyk. Twee mense is steeds in ‘n ernstige toestand. Die verdagtes het van die toneel af gevlug. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
18 Sep 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min