Verdagte vas wat buitelandse toeriste onderweg na Krugerwildtuin ontvoer en beroof

Loading player...
‘n Verdagte het gister in die Kanyamazane-landdroshof verskyn na ‘n Amerikaanse egpaar onderweg na die Krugerwildtuin verlede Donderdag ontvoer en beroof is.
Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was die 47-jarige man en 39-jarige vrou op die R536-pad in die Calcutta-omgewing toe hulle deur ’n VW Golf met ’n blou lig voorgekeer is. Hulle is met 'n vuurwapen aangehou deur twee gewapende verdagtes en van hul persoonlike items beroof.
Mdhluli sê waardevolle inligting is deur die F-B-I verskaf om die gesteelde items op te spoor.
Die 36-jarige beskuldigde word aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
13 Sep 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min