Drie vasgetrek met spoorlyn wat glo by Barberton gesteel is

Loading player...
Drie verdagtes is  gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde spoorlyne met ‘n geraamde waarde van 3-miljoen-Rand. Volgens die polisie in Mpumalanga is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die Teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek. Volgens inligting is die treinspoor verlede maand naby Barberton gesteel. Die vragmotor met sy besending en ander items is vir verdere ondersoek gekonfiskeer. Hulle sal na verwagting môre in die Middelburg-landdroshof verskyn.
20 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min