Action SA sê Mpumalanga gesondheidsdepartement versuim om probleme by Shongwe-hospitaal aan te spreek

Loading player...
Action SA in Mpumalanga beskuldig die provinsiale gesondheidsdepartement dat hy nie sy onderneming om probleme aan te spreek by Shongwe-hospitaal by Malalane, gestand doen nie. Die provinsiale voorsitter van Action SA, Thoko Mashiane, sê die party sal oormôre saam met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie besoek aflê by die hospitaal. Dít na die kommissie reeds aanbevelings gemaak het oor die verwaarlose fasiliteit. Die besoek het ten doel om die departement se vordering te monitor, omdat hy volgens Mashiane verseg om aan die kommissie verslag te doen.
19 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min