OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,715 Episodes
860 – 880

PM gesels met Francois Weideman, voorsitter van Koopmansfontein boerevereniging

Francois Weideman is voorstitter van die Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap. Die boerevereniging het verlede week ‘n boeredag aangebied met die tema “Naspeurbaarheid”. Weideman vertel ook van landboutoestande in die distrik en die uitdagings van die sektor. Hy beklemtoon ook die belangrikheid van georganiseerde landbou en die rol van inligting…
18 Aug 2022 4AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gestyg hierdie week. Die oeste lyk goed in die VSA en oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojabone het ook intussen gestyg . Sonneblompryse en koringpryse het intussen…
17 Aug 2022 2AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer verder versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlampryse het weer effens gedaal. Hoenderpryse het verder gedaal. Varkpryse het weer gestabikliseer, maar bokpryse is steeds hoog as gevolg van goeie aanvraag.
17 Aug 2022 2AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die problem van bek-en-klouseer. Daar is ‘n groot verskil met die huidige uitbraak in vergelyking met vorige kere. Die verskil is hoofsaaklik dat dit nou selfs in voerkrale voorkom, anders as in ander jare. Onsekerheid oor die…
16 Aug 2022 5AM 3 min

PM gesels met Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging

Dewald Olivier is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Suid-Afrikanse Voerkraalvereniging. Hy was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap met die tema “Naspeurbaarheid”. Olivier noem dat onderskeid getref moet word tussen verskillende produkte. Internasionaal word druk deur verbruikers toegepas en die rooivleisbedryf moet…
15 Aug 2022 2AM 2 min

PM gesels met Gerhard Schutte van die Nasionale RPO

Gerhard Schutte is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Nasionale Rooivleisprodusente Organisasie (RPO) en was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein in die Noord-Kaap. Die tema van die dag was naspeurbaarheid en Schutte gee perspektief op die jongste uitbrake van bek-en-klouseer.
12 Aug 2022 3AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor ‘n vergeluyking wat hy tref…
12 Aug 2022 3AM 5 min

PM berig oor die jongste maatreels van wapenslisensies

Vuurwapenlisensies was weer die afgelope tyd onder die loep. Vandag word kortliks berig oor die maatreëls wat nou in plek is en ook die prosesse wat daarmee gepaard gaan. Daar word ook voorgeskryf hoe om aansoek te doen en wanneer wapens onwettig is of verbeurd verklaar kan word. Voorgeskrewe dokumentasie…
10 Aug 2022 4AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gedaal hierdie week. Daar is steeds laer vraag na uitvoere. Die Russiese oorlog oefen steeds ‘n groot invloed op pryse uit, maar meer mielies en graan word weer uit…
10 Aug 2022 4AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week versterk teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as een van die redes. Stoorlampryse het weer effens gedaal met meer diere beskikbaar. Hoenderpryse en varkpryse het effens gedaal. Pryse kan…
10 Aug 2022 4AM 3 min

PM berig oor koeie wat meer melk produseer wanneer hulle rustiger is

Volgens Nieu-Seeland se AgResearch en DairyNZ, is daar in ‘n onlangse navorsingstudie bevind dat sogenaamde rustiger en nuuskierige koeie langer wei en het die navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat dit waarskynlik tot verhoogde melkproduksie bydra. Daar is ook gevind dat koeie wat skrikkerig vir mense was, minder gerus en…
10 Aug 2022 2AM 1 min

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag bespreek hy ‘n vraag oor grondeise en as grondeienaars in hierdie stadium nog niks gehoor het nie, daar aanvaar kan word dat hulle grond “veilig” is. Moolman verduidelik die proses vandat ‘n eis ingestel…
10 Aug 2022 2AM 5 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse praatjie, Kom ons gesels ‘n bietjie boer

Charl Saunderson is ‘n leierboer en bekende dorperskaap-teler in die distrik van Kenhardt in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as ‘n motiveringspreker, predikant, berader, adviseur en “almal se vriend”. Hy gebruik praktiese situasies in ‘n gesins- of boerdery-opset om vergelykings te tref en terselfdertyd ‘n belangrike boodskap aan landbouers,…
4 Aug 2022 7AM 5 min

PM talks to a well-known Boran cattle breeder from Mpumalanga, Simeon Hurwitz

Simeon Hurwitz is a well-known Boran cattle breeder near Davel in Mpumalanga. Simeon is the former President of the Boran stud breeders society and a familiar name in SA Studbook circles. His annual production auction is seen as an almost mini-Nampo and people from all over South Africa travel long…
4 Aug 2022 6AM 6 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gestyg hierdie week. Daar is steeds laer vraag na uitvoere. Warm weerstoestande en die Russiese oorlog oefen steeds ‘n groot invloed op pryse uit. Sojaboonproduksie is ook onder druk…
3 Aug 2022 2AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die Rand het die afgelope twee weke versterk teenoor die Amerikaanse Dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het weer effens gedaal. Hoenderpryse en varkpryse het…
3 Aug 2022 2AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die passie van landbouprodusente en die sogenaamde drie groepe waarin hulle gedeel kan word. Ouderdom en verteenwoordiging speel deesdae ‘n belangrike rol. Hy spreek die hoop uit dat daar in moeilike tye “vasgebyt” sal word om as…
2 Aug 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag bespreek hy die aanhou van vee deur plaaswerkers wat op plase bly. Moolman verduidelik die ooreenkoms tussen die eienaar van die grond en die plaasarbeider. Risiko's van oorbeweiding, spesifieke afgebakende areas vir die aanhou…
1 Aug 2022 2AM 3 min

Pieter Moller berig oor die belangrikheid, sowel as kriteria van naspeurbaarheid

Die waarde van ‘n praktiese, funksionele identifiserings- en naspeurbaarheidsplatform moet nie onderskat word nie. Naspeurbaarheid begin by die individuele identifikasie van diere en sluit onder andere in kruisteel data in die kommersiele sektor, reproduksieprestasie van koeie en bulle en prestasie in die voerkraalomgewing indien daar afgerond.
1 Aug 2022 2AM 1 min
860 – 880