OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,715 Episodes
880 – 900

PM gesels met Roux Cloete, ‘n biologiese landboukenner

Rouxan Cloete is ‘n bekende biologiese landboukenner en hy vertel vandag verder van die skaarste in kunsmisprodukte in Suid-Afrika en alternatiewes in die biologiese landbousektor. Dit is bekende produkte wat weer in die mark is en baie goeie resultate lewer. Rouxan brei uit oor die suksesse wat behaal word.
28 Jul 2022 1AM 3 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanpryse was onder druk hierdie week. Wit- en geelmielies het klein bietjie gestyg. Sojaboonproduksie en-pryse is ook onder druk, maar het oor die algemeen gestyg. Sonneblompryse en koringpryse het weer verder gedaal. Logistieke…
27 Jul 2022 3AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week versterk teenoor die Amerikaanse dollar as gevolg van die styging in rentekoerse. Stoorlampryse het weer effens gedaal en kan in ‘n afwaartse rigting voortduur. Hoender- en varkpryse het sywaarts beweeg. Varkpryse…
27 Jul 2022 2AM 2 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor ‘n onlangse “road show” in die Oos-Kaap wat hy saam met die Rooivleisprodusente organisasie en die NWKV onderneem het. Mare praat oor moontlike premies vir produsente, wat die gevolg van naspeurbaarheid kan wees en hoe belangrik deelname…
26 Jul 2022 3AM 3 min

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige, wat in grondreg spesialiseer

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag word die oprigting van strukture deur plaasarbeiders bespreek. Die regte van plaasarbeiders word deur wette gereguleer. Die vraag is tot hoe ver strek die regte van plaasarbeiders om strukture op te rig en of…
25 Jul 2022 2AM 3 min

Pieter Moller berig oor die bek-en-klouseer probleem in SA

Die bek-en-klouseer probleem in Suid-Afrika duur steeds voort en die omstredenheid daaroor is nog lank nie oor nie. Die Wereld Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) het Suid-Afrika se bek-en-klou vrye status herroep in 2019. Dit het ongelukkig groot verliese vir die veebedryf tot gevolg. Dit word voorpel dat dit tot twee…
25 Jul 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson, ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor hoe om ‘n kampioen te…
22 Jul 2022 2AM 6 min

PM berig oor die ontstaan van die rosynebedryf in SA

Raisins SA berig oor die ontstaan van die rosyntjiebedryf in Suid-Afrika en ander interessante inligting. Daar word geskat dat Adriaan van der Stel met ongeveer 400 000 wingerdstokke op sy plaas Vergelegen geboer het. In 1833 is toekennings gedoen by wyse van ‘n goue medalje vir sy kwaliteit rosyne aan…
22 Jul 2022 2AM 1 min

PM gesels met die nuutverkose President van die Boran Beestelersgenootskap

Die Boran Beestelersgenootskap is ‘n betreklik jong organisasie, maar het die afgelope 20 jaar groot hoogtes bereik. Tydens die organisasie se se Algemene Jaarvergadering en Nasionale veiling die afgelope naweek, is Francois Smith, ‘n leierboer in die Koster-distrik, as die nuwe President aangewys. Smith vertel van sy boerdery, die organisasie,…
21 Jul 2022 2AM 3 min

PM berig oor die wildsvleis konsepstrategie wat pas gepubliseer is

Die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing het die konsepstrategie vir die gebruik van Wildsvleis gepubliseer vir kommentaar. SA Jagters het hulle lede verom kommentaar te lewer op die konsepwildsvleisstrategie vir SA, wat tans beskikbaar is. SA Jagters sal die konsepstrategie bestudeer om seker te maak dat hulle lede se…
21 Jul 2022 2AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gedaal hierdie week. Warm weerstoestande en die Russiese oorlog oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojaboonproduksie is ook onder druk. Sonneblompryse en koringpryse het ook gedaal. Laer globale…
20 Jul 2022 2AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week gestabiliseer teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gedaal. Hoenderpryse en varkpryse het sywaarts beweeg…
20 Jul 2022 2AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die huidige lae speenkalfpryse en moontlike redes daarvoor. Volgens hom is pryse van vee is tans laag. Hierdie jaar of seisoen verskil toestande redelik van ander jare. Wat is dus met pryse aan die gang? Speenkalfpryse word beinvloed deur…
19 Jul 2022 1AM 3 min

PM gesels met ‘n kenner in biologiese landbou, Rouxan Cloete

Rouxan Cloete is ‘n kenner in biologiese landbou en hy verduidelik wat ‘n moontlike oplossing kan wees vir die huidige skaarsheid van kunsmis as gevolg van die Russiese oorlog. Cloete vertel van goeie navorsing wat gedoen is om alternatiewe produkte te gebruik en om met min risiko, volhoubaar hul aktiwiteite…
18 Jul 2022 3AM 3 min

PM het die afgelope naweek die Boran Stoettelers se jaarlikse dinee en veiling bygewoon

Die Boran Stoettelersvereniging het die afgelope naweek hulle jaarlikse veiling, dinee, prysuitdeling en vergadering by Afridome, buite Parys gehou. Die uitvoerende bestuurder van die verening, Christopher Havenga, vertel van die geskiedenis van die ras en die groot vooruitgang en suksesse wat dit in die afgelope 20 jaar behaal het. Meer…
18 Jul 2022 3AM 4 min

PM berig oor ‘n proeflopie met naspeurbaarheid in distrikte waar bek-en-klouseer gevalle aangemeld is

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, in samewerking met die Rooivleisprodusente-organisasie, is ver gevorder met die ontwikkeling van ‘n naspeurbaarheidstelsel en toets tans in distrikte waar bek-en-klouseer onlangs uitgebreek het. Die stelsel is onder andere ontwikkel om op vee-identikasie te fokus, waar dit insluit die dier en die…
15 Jul 2022 2AM 1 min

PM berig oor brande- en brandvoorkoming en moontlike stappe wat geneem kan word

Julie- en Augustusmaande is tradisioneel die maande wat bekend staan as die maande waarin veldbrande die meeste voorkom. Daar bestaan verskeie voorkomingsaksies wat die publiek, sowel as grondeienaars kan volg om te voorkom dat brande groot skade aanrig. Voorkoming van brande, deur te let op buitebraaiers, sigaretstompies en onder andere…
14 Jul 2022 2AM 2 min
880 – 900