OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,716 Episodes
900 – 920

PM berig oor brande- en brandvoorkoming en moontlike stappe wat geneem kan word

Julie- en Augustusmaande is tradisioneel die maande wat bekend staan as die maande waarin veldbrande die meeste voorkom. Daar bestaan verskeie voorkomingsaksies wat die publiek, sowel as grondeienaars kan volg om te voorkom dat brande groot skade aanrig. Voorkoming van brande, deur te let op buitebraaiers, sigaretstompies en onder andere…
14 Jul 2022 2AM 2 min

PM berig oor die term naspeurbaarheid

Naspeurbaarheid van diere word al hoe meer belangrik en in Suid-Afrika is dit alreeds ‘n baie belangrike skakel in die veeketting. Akkurate gestaafde statistiese data-opnames is van groot belang. Dieregesondheidstatus en die beweging van diere, reproduksie-prestasie van bulle en koeie en tussenkalfperiode van nageslagte, is maar ‘n paar van die…
14 Jul 2022 1AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week aansienlik verswak teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gestyg met pryse in die Vrystaat…
13 Jul 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman

Hans-Jurie Moolman gesels oor stakings op plase. Hy bespreek die kwessie van wettige en onwettige stakings in die landbousektor.
11 Jul 2022 2AM 4 min

PM berig oor interessante nuus van die Amerikaanse rooivleisbedryf

Voorbereidings is ver gevorder in die kantoor van die Amerikaanse handelsverteenwoordiger vir nuwe handelsgesprekke onder die Indo Stille Oseaan Ekonomiese Raamwerk (ook genoem IPEF). Die fokus handel hoofsaaklik oor die prioritisering van toegang tot Amerikaanse rooivleis, die bevordering van wetenskaplik gebaseerde handelsreels en onder andere ook die bevordering van streeksooreenkomste…
8 Jul 2022 2AM 1 min

PM berig oor laatroes op aartappels

Laatroes op aartappels is een van die grootste bedreigings vir aartappelprodusente in Suid-Afrika. ‘n Voldoende swamdoderprogram is daarom uiters belangrik vir die beste behandeling en om oeste te kan red. Vog wat op die oppervlakte van die plant kan ontwikkel, veral in temperature tussen 15 en 24 grade Celsius, is…
7 Jul 2022 2AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het effens gedaal hierdie week. Die verwagting is dat pryse verder kan daal in die komende paar weke, terwyl weersomstandighede ook ‘n invloed kan uitoefen op pryse.
6 Jul 2022 3AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verder verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer gedaal en is onder druk. Stoorlampryse het ook gedaal. Slagpryse toon ‘n sywaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort slag- en lampryse…
6 Jul 2022 3AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die koolstof-voetspoor, nadat hy verlede week in Denemarke ‘n internasionale landboukongres bygewoon het. Hy verwys na al die internasionale lande wat deelgeneem het aan die konferensie en is van mening dat Suid-Afrikaanse lande glad nie hoef terug te staan…
5 Jul 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag word verblyfreg van arbeiders wat lank op plase woon, bespreek. Moolman maak eerstens onderskeid tussen landbougrond en ander grond. Spesiale beskerming bestaan vir werkers wat as langtermyn okkupeerders beskou word, met ander woorde werkers…
4 Jul 2022 2AM 4 min

Pieter Moller berig oor groei in die getalle van Indiese renosters

Eenhoring renosters in Indiese nasionale parke is in die laaste paar jaar fyn gemonitor deur middel van gereelde sensusse. Die syfers toon dat die getalle in 4 van die parke toegeneem het met 10% vanaf die laaste sensus. Slegs 4000 van die eenhoring renosters is nog in die wereld oor…
4 Jul 2022 2AM 1 min

PM berig oor roumelkverkope wat in Georgie van vandag af gewettig word

Die vraag na roumelk in Georgie het drasties gegroei as gevolg van verbruikersbelange. Die “Raw Dairy Act” is onlangs goedgekeur en tree vandag amptelik in werking. Die wetsontwerp vereis onder andere dat roumelkverpakking ‘n waarskuwingsetiket moet insluit wat die risiko’s van ongepasteuriseerde melk uitwys
1 Jul 2022 2AM 1 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels uit Denemarke, waar hy ‘n internasionale landboukongres bywoon. Hy verwys na die probleem in die sektor wat ook internasionaal ondervind word en ander soortgelyke probleme in Suid-Afrika wat ander lande ook ondervind. Maré verwys ook na die invloed…
28 Jun 2022 2AM 2 min
900 – 920