
Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week eers gedaal en toe weer effens gestyg teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse behoort ‘n styging vir die volgende week te toon. Stoorlampryse is hierdie week verder onder druk en lampryse het gedaal. Hoendervleispryse het begin daal hierdie week. Varkvleispryse het steeds rekordpryse gehaal hierdie week.