OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
1260 – 1280

PM gesels met Eddie Prinsloo, bekende merino-teler van die Suid-Vrystaat.

Eddie Prinsloo van die plaas, Heuningkrans in die Smithfield-distrik, is bekend as ‘n merino-teler en die eerste Vrystaatse boer wat sy grond in ‘n vennootskapsooreenkoms met sy werkers gedeel het. Prinsloo is ook daarvoor bekend vir sy goeie verhoudinge met wolprodusente uit die buurland, Lesotho en vir baie jare besoek…
10 Aug 2021 3AM 3 min

PM lewer ‘n huldeblyk oor Koos Pienaar, die bekende Vrystaatse leierboer wat gister (Maandag) oorlede is.

Koos Pienaar was ‘n geliefde leierboer van die Theunissen-distrik wat veral bekend was in georganiseerde landboukringe as voorsitter van die Nasionale Melkprodusentevereniging. Pienaar was ook leier van die Afrika-organisasie vir suiwelprodusente en was bekend as ‘n mentor vir opkomende produsente. In sy plaaslike gemeenskap, Theunissen, het hy baanbrekerswerk verrig om…
10 Aug 2021 3AM 1 min

PM berig oor nuwe tegnologie vir drukwerk op wol.

Nuwe tegnologie word deesdae ingespan om ontwerpe op wolstowwe te druk en veral modeontwerpers maak al meer hiervan gebruik. Digitale drukwerk is dus, volgens kenners, een van die grootste deurbrake in die tekstieldekor-tegnologie.
10 Aug 2021 3AM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
8 Aug 2021 8AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die Rand hierdie week sterker getoon teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit het ‘n invloed op pryse wat hoog is. Hoenderpryse en varkvleispryse het intussen…
8 Aug 2021 8AM 4 min

PM gesels met Roux Cloete en ‘n biologiese kenner oor voordelige organismes.

Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete verduidelik die probleme van insekte soos aalwurms, die eiers van insekte en ander peste. Uitwissing van die sogenaamde “populasie” is belangrik. Hy noem ‘n paar biologiese produkte wat gekombineer kan word om hierdie probleme die hoof te bied.
8 Aug 2021 8AM 2 min

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die wisselkoerse tussen die Suid-Afrikaanse Rand en ander geldeenhede. Hy verduidelik ook die vergelyking van die sogenaamde “Big Mac-indeks” of -burger se vergelyking tussen byvoorbeeld Suid-Afrika en die VSA. Die waarde van die Rand is volgens hom tans onder-waardeer…
8 Aug 2021 7AM 3 min

Claude Moller se inspirasie vir die naweek.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
30 Jul 2021 6AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand weer baie verswak in die laaste week teenoor die Amerikaanse dollar. Die olieprys wat skerp gestyg het, gaan ook ‘n bepaalde invloed op insetkostes uitoefen. Stoorlammers is…
29 Jul 2021 5AM 4 min

PM berig oor stadshonde wat skape beskerm.

In ‘n studie wat wat in Suidoos-Queensland gedoen is, is bevind dat stadshonde wat ook energiek is, maar in klein agterplase aangehou word, opgelei kan word om te help in die beskerming en aankeer van skaaprasse. Eienaars van die honde word selfs opgelei om beter met hulle honde te kan…
29 Jul 2021 5AM 1 min

PM berig oor ‘n nuutgestigde Afrika-netwerk vir diereteling wat onlangs gestig is.

Die African Animal Breeding Network is onlangs bekendgestel om onder andere die genetiese verbetering van vee in Afrika te ondersteun. Dit sal ook ‘n volhoubare skakeling skep vir langtermyn betrokkenheid tussen verskeie rolspelers om die ontwikkeling en verspreiding hiervan in Afrika te bevorder. Dit is, volgens die rolspelers, noodsaaklik vir…
26 Jul 2021 3AM 1 min
1260 – 1280