Taaltoffie

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Books · Language Learning Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
201 Episodes
160 – 180

‘Terreur in Kaboel’, skrywer deel reis ses jaar later

Hannelie Groenewald, skrywer van ‘Terreur in Kaboel’, het ses jaar gelede haar gesin in ʼn terreuraanval in Afganistan verloor. Luister hier na ʼn gesprek oor haar helingsproses, verhouding met God en raad wat sy met Christene deel.
5 Sep 2020 17 min

Adriana Faling lees voor uit ‘Die Seders van Libanon’

In “Die Seders van Libanon” kruis vier vroue se paaie en elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra. Luister hier na ʼn voorlesing deur Adriana Faling. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing…
6 Aug 2020 3 min

Theresa van Baalen lees voor uit ‘Z-A-K: Die reis na Zenkion’

Vir die volgende vyf minute kan jy jou skoolwerk opsy skuif en na ʼn voorlesing van “Z-A-K: Die reis na Zenkion” luister. Dié jeugroman deur Theresa van Baalen is die opvolg van “Z-A-K: Die Blou Planeet” en dit is geskik vir tieners dertien jaar en ouer. Die voorlesing word in…
6 Aug 2020 4 min

Luister na ‘Sweepslag’ deur Annerle Barnard

“Wat help dit as sy skree? Wie sal haar hoor?” Skuif nader en luister saam na ʼn voorlesing van Annerle Barnard se debuut-jeugroman “Sweepslag”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur…
6 Aug 2020 1 min

Deon Lamprecht lees voor uit ‘Die Brug’

“Die Brug: Na die hel en terug in Angola” vertel van dienspligtiges se reis van jong man na veteraan. Die boek gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Luister hier na ʼn voorlesing deur Deon Lamprecht. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak…
31 Jul 2020 4 min

‘Skarlakenkinders’ lig sluier oor mensehandel

Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Anzil Kulsen en Nadine Blom, skrywers van "Skarlakenkinders", gesels oor hul emosionele reis tydens die navorsings- en skryfproses, die invloed wat mensehandel op slagoffers het en waar om vir hulp aan te klop wanneer iemand vermis word.
30 Jul 2020 20 min

Neels van Jaarsveld lees voor uit ‘Merk’

Rudie van Rensburg is terug met nog ʼn Kassie Kasselman-speurverhaal. Luister hier na 'n voorlesing deur Neels van Jaarsveld uit "Merk". Die voorlesing is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstig aan Maroela Media verskaf.
21 Jul 2020 6 min

Anzil Kulsen lees voor uit ‘Reënboogmelodie’

Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Anzil Kulsen ondersoek dié en ander huwelikskwessies in haar jongste boek, “Reënboogmelodie”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in…
17 Jul 2020 3 min

Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’

Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak…
10 Jul 2020 3 min

Anel Heydenrych gesels oor karakters wat bly spook

“Om eerlik te wees, ek was party aande ʼn bietjie bang,” vertel Anel Heydenrych, skrywer van die sielkundige riller “Die afloerder”. Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Heydenrych gesels oor karakters wat haar op hol gejaag het, uitdagings tydens die skryfproses en stories wat haar inspireer.
8 Jul 2020 14 min

Boekvoorlesing: Stories uit 'n Mammahart

Wat is dan lekkerder as om ʼn groot bak springmielies nader te trek en na opwindende kinderstories te luister? "Stories uit ʼn Mammahart" bied 12 unieke kinderstories wat jou en die kroos ure lank sal vermaak. Luister hier na “Sandra Slang en die orkes”. Dit is goedgunstig deur die skrywer…
3 Jul 2020 4 min

Boekvoorlesing: Iemand wat verdrink en ander verhale

Het jy al gewonder hoe ʼn mens met ʼn stert sal lyk? Luister hier na Fanie Viljoen se voorlesing van “Stert” om vas te stel. Die kortverhaal is geskik vir kinders 13 jaar en ouer. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die…
1 Jul 2020 4 min

Boekvoorlesing: Gevleuelde bome

“Lewies het gedink ons moet dit maak Swerm-Voëls-Vlieg-Met-ʼn-Boom-Weg-Fontein. Pa het ʼn ander naam gedink, en ek ook. Dis Ma wat gesê het die wilkers lyk te pragtig, ons noem dit Sewewilkerwerf." Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevleuelde bome”. Die voorlesing…
22 Jun 2020 6 min

Boekvoorlesing: Breins

Johny Klein is terug met nog ’n voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
15 Jun 2020 8 min

Boekvoorlesing: Nog ’n eier te lê

“Sommer van piepklein af was die kuiken anners. Jy kon dadelik sien sy’t ʼn houding. En as groot hen was dit nog so, en met reg, want sy was nie sommer hierjy se hoender nie.” Luister hier na Johny Klein se voorlesing van “Nog ʼn eier te lê” deur Tom…
8 Jun 2020 7 min

Selfpublikasie, hier is wat jy moet weet

Het jy ʼn manuskrip wat in jou laai lê en stof opgaar? Wil jy graag die boek publiseer, maar weet nie waar om te begin nie? Dan moet jy hier luister. Izak de Vries gesels oor Paper Frog Publishing, ʼn uitgewery wat skrywers help om self hul boeke uit te…
5 Jun 2020 25 min

Boekvoorlesing: Monsterrugby

“Breëkloof is bobaas! Breëkloof is tops! Breëkloof maak maalvleis van jou skool se tjops!” Het jy twee minute? Kry die kroos bymekaar en luister saam na Fanie Viljoen se voorlesing van "Monsterrugby". Dit is geskik vir kinders van nege jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer…
3 Jun 2020 2 min

Boekvoorlesing: Die groot dors

In “Die groot dors” word twee oujongkêrel-broers, Soois en Frans, se stryd met hul dorstigheid vertel. Luister hier na Johny Klein se voorlesing van Fesia Engelbrecht se kortverhaal. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
1 Jun 2020 6 min

Boekvoorlesing: Kry styl – Jesus sʼn

Stephan Joubert herinner lesers dat elkeen in die hande van God se kreatiewe Gees is. Luister hier na ʼn voorlesing en Joubert se Pinkster-boodskap uit sy boek “Kry styl – Jesus sʼn”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie…
29 May 2020 4 min

Boekvoorlesing: Ondier

Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie Olaf Demeyer lief geword het. Sal Olaf ondanks sy eie stryd instem om die saak te ondersoek? Luister hier na ʼn voorlesing van “Ondier” deur Jan Vermeulen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer…
27 May 2020 2 min
160 – 180