Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly
Afrikaans South AfricaBooks · Language LearningAuthored by Christa Steyn-Bezuidenhout, Esté Meyer Jansen Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
Johny Klein is terug met nog ’n voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Die liegdag”. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
Sê vir jou ma dit is tyd om asem te skep, dan luister jy vinnig na Fanie Viljoen se voorlesing van sy gedig “Sterkykers”. Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing…
Carina Stander lees ’n gedeelte uit die tweede boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Wonderwese”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ’n klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
Oom Kassie Lekkerlieg vertel in “Sidestep tussen duine” van sy noue ontkoming met’n sandhaai. Sal hy betyds ’n plan kan maak wanneer hulle volspoed op sy spoor is? Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
Kry ’n koppie koffie en maak jouself tuis in die winterson, terwyl jy na Christine Barkhuizen-le Roux se voorlesing van haar roman “My naam is Prins, ek slaap met die lig aan” luister. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en die uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die…
Vir die volgende drie minute kan jy jou skoolwerk opsyskuif en na Jan Vermeulen se voorlesing van sy jeugroman, “Oopmond”, luister. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat dit nie in ’n klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
In “Storie met ’n angel” het oom Willempie Donskop al sy dae met ’n spul lastige muskiete. Boonop word hy die volgende oggend in ’n ander wêreld wakker. Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
“Kyk op, kyk rond en besef dat hierdie lewe nie net oor jou en jou eie behoeftes gaan nie,” sê Esté Geldenhuys, skrywer van “Vroue van die Bybel 2”. Luister hier’n spesiale voorlesing en Moedersdag-boodskap. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat…
Met “Luistervink” maak Madré Marais haar debuut as kortverhaalskrywer. Luister hier na ’n voorlesing van “Soengroet”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ’n klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
Het jy nodig om asem te skep? Vir die volgende vyf minute kan jy en die jongspan heerlik luister na Fanie Viljoen se voorlesing van "Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai". Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik…
Saam met ’n koppie boeretroos sal ’n voorlesing van ‘Kowie Brönn van Montagu’ deur Abraham H de Vries vorentoe smaak. Luister hier na Johny Klein, bekende akteur en storieverteller, se aanbieding. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
Luister saam na ʼn voorlesing van Rudie van Rensburg se komiese boek “Hans steek die Rubicon oor”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
“40 dae tot hoop” help lesers om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Luister hier na 'n voorlesing deur die skrywer, Ronell Bezuidenhout. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat…
“Uit die Beek 2020” deur dr. Barend Vos is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Luister hier na sy boodskap vir Paasfees. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur…
Nadia de Kock lees ʼn gedeelte uit haar derde roman "Die wolkversamelaars" voor. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
Drie minute is net genoeg om ʼn sluk van jou koffie te vat. Sorg net eers dat die kleinspan aandagtig na Fanie Viljoen se voorlesing van "Olke bolke, Lulu" luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Réney Warrington lees ʼn deel uit die manuskrip van haar distopiese roman "2048". Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
Dis so maklik soos een-twee-drie minute! Skuif vinnig nader en luister na 'Die kas'. Wees gewaarsku – dié spookstorie deur Fanie Viljoen sal jou behoorlik laat ril! Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis…
Het jy vier minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Fanie Viljoen se voorlesing van "Pieksel". Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie…
20 Mar 2020
3 min
180 – 200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.