Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2400 – 2420

N$28 miljoen ondersteuningsprogram vir kleiner boere geloods

Die landbouministerie het 'n ondersteuningsprogram van 28 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur om voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid onder kleinskaalse boere in al 14 streke te bevorder. Sleutelinisiatiewe is gemik op tuinbou, pluimvee, suiwel en kleinvee, met subsidies en opleiding wat op meer as 3 000 produsente gemik is. Produsente kan…
15 Sep 11AM 1 min

ManU se Amorim hou by sy stelsel

Sokker: Die druk op die afrigter van Manchester United, Ruben Amorim, raak al hoe meer, met sy span wat gister 3-nul in die Premierliga teen Manchester City verloor het. Die Red Devils het slegs vier punte uit hulle eerste vier wedstryde gekry, wat beteken dit is hulle swakste begin in…
15 Sep 11AM 1 min

Gebrek aan statistieke, inligting kelder demensie-bewustheid

September is Demensie-bewustheidsmaand en Namibië staar steeds 'n ernstige uitdaging in die gesig om die toestand aan te spreek weens 'n gebrek aan betroubare statistieke en voortdurende sosiale stigma. Dit is volgens Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer's Dementia Namibia, wat sê daar is steeds te min inligting oor die siekte…
15 Sep 10AM 1 min

Toestand van land is weens Swapo-regering: Kauandenge

Joseph Kauandenge, die president van die Vereniging vir Plaaslike Belange, of Asoli, het teruggekap teen bewerings deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah dat dienslewering sonder 'n Swapo-meerderheid sal ineenstort. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Kauandenge gesê Swapo regeer al 35 jaar, en wat die land kan toon is wydverspreide…
15 Sep 10AM 1 min

KI kan demokrasie bedreig, sê analis

Vandag is die Internasionale Dag van Demokrasie, met 'n tersaaklike tema: "Versekering van Doeltreffende Bestuur van KI op Alle Vlakke." Namate kunsmatige intelligensie toenemend globale besluitneming vorm, ontstaan vrae oor die impak daarvan op demokrasie self. Politieke ontleder Henning Melber waarsku dat demokrasie onder beleg is, nie net deur krimpende…
15 Sep 10AM 1 min

Charlie Kirk-moordverdagte 'gee nie samewerking'

Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, sê die verdagte in die moord op die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk gee nie sy samewerking aan die owerhede saam nie, maar mense na aan hom wel. Die 22-jarige Tyler Robinson is Donderdagaand in hegtenis geneem ná 'n soektog van 33-uur. Kirk, 'n bondgenoot…
15 Sep 10AM 1 min

Namcor-saak: Willemse ontken beplande ontsnapping

Voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse het in sy borgtogverhoor bewerings ontken dat hy betrokke was by 'n beplande ontsnapping na sy inhegtenisneming twee maande gelede. Aanklaers beweer dat 'n polisiereservis wat met een van Willemse se medebeskuldigdes verbind is, sy hospitaalvervoer op verdagte wyse gevolg het toe hy vir hoë bloeddruk…
15 Sep 8AM 1 min

Verdedingministerie bestee R20 miljoen aan reise

ActionSA sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en haar adjunkte het 'n verbysterende 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan reise vermors sedert sy die amp begin beklee het. Hulle het na bestemmings soos Viëtnam, Kuba, Maleisië, Japan en Turkye gereis sonder enige regverdiging of voordeel vir die koste verbonde. Lerato Ngobeni…
15 Sep 8AM 1 min

Hyphen se Toni Beukes vereer vir rol in groenwaterstof-sektor

Toni Beukes, hoof van omgewing, maatskaplike sake en bestuur by Hyphen Hydrogen Energy, is aangewys as Vrou van die Jaar in Groenwaterstof 2025 by die Global African Hydrogen Summit. Die toekenning beklemtoon haar toewyding aan die bevordering van volhoubare, inklusiewe ontwikkeling in Namibië se groenwaterstof-sektor. Beukes het met Kosmos 94.1…
15 Sep 8AM 1 min

Retief Goosen wen vierde PGA-Toer-kampioene-titel

Gholf: Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, Retief Goosen het die Sanford International by die Minnehaha-buiteklub in Suid-Dakota gewen om sy vierde PGA Toer-kampioene-titel te verower. Die 56-jarige het sy laaste ronde in 67-houe voltooi om twee houe voor die Amerikaner, Bo van Pelt te eindig. Ernie Els, Goosen se landgenoot, en Darren…
15 Sep 8AM 1 min

Statutêre verkragting dryf tienerswangerskappe: DA

Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor die toename in seksuele aanranding en tienerswangerskappe, wat volgens hom 'n pandemievlak bereik het. Meer as 23 691 tienerswangerskappe is in 2024 in die provinsie aangemeld. Intussen is 521 babas van ma's tussen 10 en 14 jaar in 'n gesondheidsinstelling in…
15 Sep 7AM 1 min

Miljoene kan weens hitte sterf: Aussie minister

Australië se minister van Klimaatsverandering en Energie, Chris Bowen, sê die regering moet ʼn streng teiken stel vir vrystellingvermindering teen 2035. Hy het die langverwagte Nasionale Klimaatrisiko-beoordeling vrygestel wat Australië se eerste omvattende uiteensetting gee van die gevolge wat die klimaat inhou. Die verslag beklemtoon die verhoogde gevaar van hitte-verwante…
15 Sep 7AM 1 min

Mark mal oor Bank Windhoek se obligasie

Bank Windhoek se veiling van Namibië se eerste volhoubaarheidsgekoppelde obligasie het oorweldigende belangstelling gelok, met bodaanbiedinge van 525,5 miljoen Namibiese dollar, meer as dubbel die aanbod. Die bank het suksesvol 250,5 miljoen dollar ingesamel en 300 miljoen dollar oor die volgende twee jaar toegewy om kleinskaalse, inklusiewe groeiprojekte regoor die…
15 Sep 6AM 1 min

Vandag is laaste dag vir inspeksie van kiesersregister

Vandag is die laaste dag vir Namibiërs om die voorlopige kiesersregister te inspekteer as deel van voorbereidings vir die 2025 streek- en plaaslike owerheidsverkiesings. Die woordvoerder van die Verkiesingskommissie, De Wet Siluka, doen 'n beroep op die publiek om hul besonderhede na te gaan voor die sperdatum om 17:00. Die…
15 Sep 6AM 1 min

Plaaslike mark kom in rat vir elektriese voertuie

Verkope van elektriese voertuie neem wêreldwyd toe en Namibië is geen uitsondering nie. Jens Denk van Electric Vehicles Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel plaaslike infrastruktuur steeds agterbly, momentum opbou. Met pryse vir nuwe en gebruikte elektriese voertuie wat daal, en 'n nasionale laainetwerk wat na verwagting…
15 Sep 6AM 1 min

Aikôna, sê DA oor 'peperduur' soldate na Kuba

Die DA eis die onmiddellike opskorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se plan om in Kuba ontplooi te word. Die weermag wil volgende jaar 20 van sy soldate teen 28-miljoen-rand na Kuba te stuur vir kursusse, hoewel dit nie hier erken word nie. Die maandelikse koste per student vir die…
15 Sep 6AM 1 min

Gholf: Saddier was 'n gedugte teenstaander, sê Noren

Die Sweed, Alex Noren, klop Adrien Saddier van Frankryk in ʼn uitspeelstryd om sy tweede BMW PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te buit. Hulle was gelykop op 19 onder baansyfer, wat drie houe voor die res was. Noren, wat Span Europa se onderkaptein is, het gewen nadat hy op…
15 Sep 5AM 1 min

DA soek dringende antwoorde oor polisie

Die DA het onthul dat 57 polisielede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike…
15 Sep 4AM 1 min

MotoGP: Marquez jaag sewende titel

Ducati-renjaer Marc Marquez is nader aan sy sewende MotoGP-titel nadat hy die San Marino Grand Prix in Italië gewen het. Die Spanjaard het Aprilia-renjaer Marco Bezzecchi in die 12de ronde verbygesteek en nie weer teruggekyk nie. Bezzecchi was tweede en die Gresini Racing-deelnemer, Alex Marquez, was derde. Die Suid-Afrikaner Brad…
15 Sep 4AM 1 min
2400 – 2420