
Buitelanders moet seker maak hulle het papiere - Schreiber
Loading player...
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê buitelandse burgers moet seker maak hulle het geldige visums of wettige magtiging om in Suid-Afrika te wees, aangesien immigrasiewette steeds streng toegepas word. Dit volg na die repatriasie van 586 Nigeriese burgers wat onwettig in die land was. Alle betrokke individue is as ongewens verklaar, wat tot 'n vyfjaarverbod op hertoelating gelei het. Schreiber doen 'n beroep op buitelandse burgers om hul status te wettig om soortgelyke optrede te vermy:

