
Owerhede keer 9 Bangladesjies voor by OR Tambo
Loading player...
Die Grensbestuursowerheid sê nege Bangladesjiese burgers is by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng onderskep nadat hulle probeer het om Suid-Afrika met die gebruik van vervalste reisdokumente binne te kom. Die groep is gister tydens immigrasieverwerking met vals Suid-Afrikaanse visums en Indiese paspoorte gevind en is sedertdien teruggstuur na Bangladesj. Mmemme Mogotsi van die Owerheid sê ondersoeke is aan die gang om die bron van die vals visums en paspoorte op te spoor:

