
Inflasie en ons afhanklikheid van invoere
Loading player...
Met inflasie wat in Mei tot 4,1 persent gestyg het vanaf 3,1 persent die vorige maand, voel Namibiese verbruikers die druk van hoër voedselpryse. Vrugte kos nou 12,4 persent meer, groente is 4,9 persent hoër, en vleis het met 3,5 persent gestyg. Landboukenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat stygende inflasie in Suid-Afrika ook plaaslik koste opdryf, wat Namibië se afhanklikheid van ingevoerde goedere beklemtoon.

