Die Namibië Lughawensmaatskappy is in Lusaka, Zambië, vir 'n groot kontinentale byeenkoms van lugvaartleiers. By die 74ste Lughawensraad Internasionale Afrika-konferensie skakel hulle met eweknieë van regoor die kontinent om die toekoms van lugreise te vorm. Die geleentheid fokus op sleutelprioriteite in die bedryf soos veiligheid, volhoubaarheid en passasierservaring, met Namibië…
Die Britse premier, Keir Starmer, het in 'n televisie-onderhoud gesê hy sou nooit Peter Mandelson as Amerikaanse ambassadeur aangestel het as hy toe geweet het wat hy nou weet nie. Dit was die eerste keer dat Starmer in die openbaar gepraat het sedert hy Lord Mandelson afgedank het, toe die…
Die Protea-vrouespan se kaptein, Laura Wolvaardt, sê die eendagreeks teen Pakistan is die perfekte voorbereiding vir die komende Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka. Die eerste van drie eendagwedstryde begin vanmiddag in Lahore. Suid-Afrika het ʼn sterk eendagwedstryd-rekord teen Pakistan met 21 oorwinnings uit 28 kragmetings tussen die twee lande…
NamWater se jongste bulletin toon Namibië se damme was teen Maandag 82,7 persent in totaal vol, effe minder as die 83,1 persent van die vorige week. Die grootste daling is by die Hardapdam aangeteken, nou op 64,6 persent, terwyl die Neckartal-dam amper vol bly op 97,6 persent. Intussen het die…
Gemeenskappe aan die Wildekus takel Shell, Impact Africa en die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie vandag in die Konstitusionele Hof. Die saak handel oor die seismiese gas-opnames aan die Wildekus en regte om olie te ontgin wat in 2014 aan Shell en Impact Africa toegestaan is. Die hof moet…
Die DA in Johannesburg het 'n skriftelike versoek aan die burgemeester, Dada Morero, gerig om krane by die Poseidon Primary School in Ennerdale weer oop te draai. Dit volg nadat Johannesburg Water die watertoevoer na die skool afgesny het weens wanbetaling. Ouers van leerders sê hul kinders doen al meer…
Vegvliegtuie van die Koninklike Lugmag sal lugverdedigingsmissies oor Pole vlieg as deel van 'n Navo-sending, het die Britse regering aangekondig. Dit volg na Russiese hommeltuie verlede week die Poolse lugruim binnegegaan het in Russiese president Vladimir Putin se mees betekenisvolle skending van die Navo-lugruim tot nog toe. Die Britse verdedigingminister…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy behaal steeds aansienlike sukses met sy landwye Shanela-operasies. Die afgelope week is 15 763 verdagtes weens verskeie oortredings gearresteer. Dit sluit 2 133 gesoekte persone in wat in verskillende dele van die land vasgetrek is. ʼn Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê 265 verdagtes is aangekeer…
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu weier om nog aanvalle op Hamas-leiers uit te sluit en sê terroriste sal nêrens gevrywaar wees nie. Israel het verlede week Hamas-leiers in Katar, ʼn Amerikaanse bondgenoot, aangeval en vyf mense doodgemaak. Vyf was lede van die militante groep en een ʼn weermaglid van…
Die president van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Zingiswa Losi, waarsku teen onenigheid binne die alliansie en doen 'n beroep op die ANC en SAKP om nie 'n wig tussen werkers in te dryf nie. Die SAKP het besluit as 'n onafhanklike party aan die 2026 plaaslike verkiesing deel te neem en…
President Donald Trump van Amerika sê die weermag het ʼn aanval uitgevoer op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmvaartuig wat in internasionale waters op pad was na Amerika. Drie mans is in Maandag se aanval dood. Dit volg na ʼn soortgelyke aanval vroeër die maand waarin elf mense dood is. Trump sê…
Kavango-Oos gaan gebuk onder geestesgesondheidskrisis met bykans 4 500 gevalle wat in die 2023/24-begrotingsjaar aangemeld is. ‘n Senior maatskaplike werker in die ministerie, Agnes Rengi, beskryf die syfers as kommerwekkend en sê dit weerspieël ‘n styging in gevalle van onder meer depressie, angs en trauma-verwante diagnoses. Die toenemende afwesigheid van…
Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die huidige waterprobleme by die metro word vinnig hanteer. Dit kom te midde van wisselvallige watervoorsiening in groot dele van die metro wat onlangs tot vier dae van betogings in die Westbury-area gelei het. Die burgemeester het gister die Alexandra-reservoir besoek wat een van…
Die Activists and Citizens Forum doen 'n beroep op die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee om die hoogsgeheime Phala Phala-verslag te deklassifiseer. Miljoene rande in buitelandse valuta is in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel. Die forum voer aan die klassifisering is 'n poging om…
Die FBI-direkteur, Kash Patel, sê DNS-bewyse wat ondersoekers gevind het, verbind die man wat beskuldig word van die moord op die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, met die voorval. Die 22-jarige Tyler Robinson is gearresteer nadat hy Kirk na bewering Woensdag by die Utah Valley University doodgeskiet het. Patel het aan…
Die jaarlikse Namibiese Erfenisweek, ‘n viering en bevordering van die land se ryk kultuur, geskiedenis en natuurlike erfenis, het Maandag amptelik begin en duur tot Sondag. Vanjaar se tema, "Fakkeldraers van Ons Erfenis", beklemtoon die belangrikheid van die bewaring en eerbiediging van hierdie waardes. Tydens die openingseremonie in Rehoboth het…
Stad Windhoek het Maandag sy eerste poort vir die laai van elektriese motors by sy hoofkantoor bekendgestel, in samewerking met Tesla Energy Solutions. ‘n Groot motor kan binne vier tot vyf ure ten volle herlaai vir sowat 120 Namibiese dollar. Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja sê die poort is deel…
Die Kantoor van die Arbeidskommissaris word oorval met ‘n groot toename in die uitstel van prosedures om arbeidsgeskille op te los. Die vernaamste rede hiervoor is partye wat onvoorbereid is. Arbeidskommissaris Kyllikki Sihlahla sê met onmiddellik effek sal geen uitstel langer toegestaan word tensy ‘n geldige rede verskaf word nie…
Vervoerminister Veikko Nekundi het die nuwe Keetmanshoop-weegbrug van 60 miljoen Namibiese dollar amptelik geopen. Die projek is ten volle deur die regering befonds. Die weegbrug het vandat dit verlede Maandag in werking gestel is, reeds 1 918 swaarvoertuie bedien. Dit is tans vir 16 uur 'n dag operasioneel, maar daar…
Oudpresident Thabo Mbeki het Suid-Afrika versoek om opbouende dialoog met Amerika te voer om 'n handelsoorlog te voorkom en nasionale soewereiniteit te beskerm. Mbeki het by Unisa gepraat oor ekonomiese uitdagings en waarsku teen 'n botsing nadat Washington tariewe van 30-persent op belangrike Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het. Mbeki het die…
15 Sep 11PM
1 min
2380 – 2400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.