Die langverwagte Madlanga-kommissie begin vandag by die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria. President Cyril Ramaphosa het die kommissie aangestel ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy maak bewerings oor samespanning en korrupsie in die strafregstelsel. Hy beweer die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het bande met ʼn misdaadsindikaat. Mkhwanazi…
Die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale ondersoekkommissie oor die besette Palestynse gebied het bevind Israel se optrede in Gaza kom neer op volksmoord. In ʼn nuwe verslag word Israel onder meer beskuldig dat hy burgerlikes teiken wat hy volgens wet moet beskerm, en onmenslike toestande skep wat Palestyne se dood…
Goeie nuus vir drawwers: Registrasie vir die 11de Navachab-halfmarathon is tot middernag vandag verleng. Dié gewilde resies vind Saterdag op Karibib plaas. Resiesdirekteur Bethold Karumendu het meer:
Die regering word versoek om sterk en onmiddellike stappe te doen om die toenemende dwelmgebruik onder die land se jeug aan te pak. Die Rehoboth-gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender beklemtoon dat dwelmmisbruik 'n ernstige probleem binne die gemeenskap bly. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Draghoender opgemerk dat dwelmgebruik gereeld…
Die Namibiese been van die wêreldbekende King’s Baton Relay vind van 25 tot 27 September in Windhoek en aan die kus plaas. Dié aflos het in Maart by Buckingham-paleis in Londen begin en eindig volgende jaar by die opening van die Statebondspele in Skotland. Die uitvoerende hoof van die Namibiese…
Die regering oorweeg dit om bestaande beroepsopleidingsentrums in staatsbesit in tegniese kolleges te omskep, as deel van die land se Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Beroepsopleiding bly ‘n prioriteit vir die regering, maar die sektor moet aan die huidige en toekomstige kundigheidsbehoeftes voorsien, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Haar openingstoespraak tydens die nasionale…
Vervoerminister Veikko Nekundi sê ‘n nuwe, regverdige heffingstelsel gaan padverbruik deur vragmotors in die land reguleer. Dit volg ná die oorlaai van swaarvoertuie gedekriminaliseer is. Operateurs sal heffings betaal wat ooreenstem met die werklike skade aan paaie en sal volgens afstand be
Die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge is bekommerd die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie sal afdwingings- en deportasiemeganismes teen migrante, vlugtelinge en asielsoekers versterk. Die wetsontwerp, wat in die parlement bekragtig is, stel duidelike reëls vir aanhouding en deportasie, met landdroste wat toesig hou oor besluite. Claude Kayitare van die organisasie…
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika en China het 'n ooreenkoms oor TikTok bereik, met Washington wat sê beheer oor Tik-Tok moet na VSA-beheerde eienaarskap skuif. Die ooreenkoms is oor twee dae in Madrid bereik tussen Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, en die adjunk-eerste minister van China,…
Die Regeringsinstellings-pensioenfonds, GIPF, het sy groen beleggings verhoog, insluitend 56 miljoen Namibiese dollar in Bank Windhoek se groen effekte en ondersteuning vir FNB Namibia se 2025-volhoubaarheidseffekte. Oor die afgelope nege jaar het die fonds 2,1 miljard dollar toegewy aan infrastruktuurprojekte in lyn met Namibië se energie-oorgang, waarvan byna 1 miljard…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê die Christelike gemeenskap is nie verward deur die Konstitusionele Hof se uitspraak wat toelaat dat mans wettig hul vrouens se vanne kan aanneem nie. Die hof het bevestig dat afdelings van die Wet op Geboortes en Sterftes ongrondwetlik is, wat in effek 'n laer…
Sommige ouers is huiwerig om toestemmingsvorms vir die HPV-entstof te teken, maar die gesondheidministerie sê daar is geen rede tot vrees nie. Woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat hoewel weerstand 'n uitdaging was, meer as 65 000 meisies van 9 tot 14 jaar steeds in net…
Old Mutual Namibia het die CrossFit Namrox Throwdown oor die naweek by CrossFit Damascus in Windhoek met 30 000 Namibiese dollar geborg. Hierdie unieke fiksheidsgeleentheid het tradisionele gewigoptel verruil vir 'n meer toeganklike formaat, wat hardlopers, fietsryers, triatlete en hibriede atlete verwelkom het. Alle opbrengste het na Special Olympics Namibia…
Namibië wil weer die COP20-beraad nader om sy voorraad ivoor wettig te verkoop en sê die opbrengs sal bewaring en plaaslike gemeenskappe ondersteun. Ondersteuners, soos voormalige president van die Namibië Landbou-unie, Piet Gouws, noem dit 'n slim en volhoubare plan. Maar die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, bekend…
Die hoofondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, Oberty Inambao, het vandag in die Windhoek-landdroshof getuig dat voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse die eerste was wat in die Namcor-korrupsiesaak in hegtenis geneem is weens kommer dat hy 'n vlugrisiko inhou. Die staat staan borgtog teen in die voortgesette aansoekverrigtinge waarby verskeie beskuldigdes betrokke is…
Namibië berei voor om elektroniese handtekeninge landwyd uit te rol as deel van sy digitale transformasie-agenda. Linda Aipinge-Nakale, waarnemende uitvoerende direkteur in die inligtingministerie, het vanoggend tydens 'n e-handtekeninggeleentheid bevestig dat die wetlike en regulatoriese raamwerke, insluitend elektroniese handtekening- en kuberveiligheids-akkreditasieregulasies, byna gefinaliseer is. Die stap is daarop gemik om…
Die nood-spitsberaad van Arabiese en Moslemleiers in Doha sê in sy finale verklaring hulle sal agter Katar staan terwyl dit stappe doen om te reageer op Israel se 'lafhartige' aanval verlede week. Jasem Mohamed Albudaiwi, sekretaris-generaal van die Golf Samewerkingsraad, het aan verslaggewers gesê dat die beraad die Golfstate se…
Die Kabinet se besluit om toegang tot visums met aankoms na nog 36 lande uit te brei is deur die toerismesektor verwelkom, maar daar is steeds kommer. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoewel verbeterings by Hosea Kutako Internasionale Lughawe beplan…
Die vakbond, Solidariteit, het 'n amptelike geskil met die regering by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkleing en Arbeidsraad, Nedlac, verklaar oor grootskaalse afleggings, met verwysing na swak infrastruktuur, onstabiele kragvoorsiening en beleidsmislukkings. Die vakbond sê omtrent 350-duisend poste is reeds geraak, met meer poste wat in die komende maande in gevaar…
16 Sep 8AM
1 min
2360 – 2380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.