FOSA sê Cyril moet bedank oor Phala Phala

Loading player...
Die Forum for South Africa eis president Cyril Ramaphosa se bedanking en beskuldig hom daarvan dat hy aanspreeklikheid oor die Phala Phala-saak systap. Die organisasie sê Ramaphosa se regspogings om die Parlement se ampsklagproses te stop, laat ernstige vrae ontstaan oor sy leierskap en geloofwaardigheid. FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die land kan nie gelei word deur 'n president wie se gedrag ondersoek word nie. Hy sê dit is tyd vir aanspreeklikheid en etiese leierskap:
15 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer as 40 000 onwettige migrante sedert Januarie in SA aangekeer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê meer as 40 000 onwettige buitelanders is sedert begin vanjaar aangekeer, meer as 7 400 net in die afgelope maand. Die regering verskerp optrede teen onwettige immigrasie en stel strenger grensbeheer in. Kubayi, wat voorsitter is van die tussenministeriële komitee…
15 Jun 2AM 1 min

Zim se Krog vat Zambiese Ope

Die Zimbabwiër Stuart Krog het die Zambiese Ope op die Nkana-klub met 'n enkele hou gewen vir sy eerste Sonskyntoer-titel. Sy laaste ronde van 66 het hom laat eindig op vyf onder syfer, gevolg deur die Suid-Afrikaner Jason Roets, met 'n laaste ronde van 75. Die Suid-Afrikaners Hayden Porteus en…
15 Jun 2AM 1 min

Onderwys loods ondersoek na gerugte oor Windhoek Internasionale Skool

Die onderwysministerie gaan ‘n ondersoek van stapel stuur na 'n reeks bewerings wat op sosiale media die ronde doen rakende Windhoek Internasionale Skool. Die bewerings sluit in beskuldigings van boeliegedrag, onvoldoende reaksies op studentewelsynskwessies, onreëlmatighede in die bestuur, personeelkwessies en kommer oor die skool se raadstruktuur. Woordvoerder van die ministerie,…
15 Jun 1AM 1 min

Berei voor vir nat koue teen Woensdag

Namibiërs word aangespoor om voor te berei vir 'n bitter koue, nat en winderige week wat voorlê. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die koue sal Woensdag intree, wat ryp, reënbuie, donderbuie en 'n skerp daling in temperature oor groot dele van die land sal meebring, insluitend die sentrale plato, suidelike…
15 Jun 1AM 1 min

Amushelelo niks lus om tot 30ste te wag nie, stel nuwe ultimatum

Aktivis Michael Amushelelo, is besig om ‘n vreedsame padprotesoptog te reël, mits vervoerminister Veikko Nekundi nie teen Vrydag die spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad verwyder het nie. Dit volg ná regter Gabriel Komboni Vrydagmiddag in die hoërhof sy uitspraak tot 30 Junie voorbehou het in Amushelelo se dringende…
15 Jun 12AM 1 min