
Berei voor vir nat koue teen Woensdag
Loading player...
Namibiërs word aangespoor om voor te berei vir 'n bitter koue, nat en winderige week wat voorlê. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die koue sal Woensdag intree, wat ryp, reënbuie, donderbuie en 'n skerp daling in temperature oor groot dele van die land sal meebring, insluitend die sentrale plato, suidelike streke en die Khomas-hoogland. Weervoorspeller Albertina Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

