
Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%
Loading player...
Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal. Die PDM se Diederick Vries het vrae aan landbouminister Inge Zaamwani in die Nasionale Vergadering gerig.

