
Nuwe KMO-fonds hupstoot vir klein besighede
Loading player...
Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent Namibiese eienaarskap, met 'n fokus op vroue- en jeuggeleide besighede in landbou, toerisme, IKT en vervaardiging. Die raad se kommunikasiebestuurder, Titus Shivute, sê aansoeke vir die eerste befondsingsiklus is oop en sal op 24 Julie sluit.

