Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1100 – 1120

SA, Eswatini teken ooreenkoms oor Komati

Suid-Afrika se minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, en haar Eswatini ampsgenoot, prins Lonkhokhela Dlamini, het 'n hersiene verdrag oor die ontwikkeling en gebruik van waterbronne in die Komati-rivierkom onderteken. Majodina het gesê die verdrag, wat die eerste keer in 1992 onderteken is, is nog nooit hersien nie, aangesien…
14 Mar 6AM 1 min

AfriForum dreig Eskom met hof

AfriForum dreig met regstappe teen Eskom indien die nutsmaatskappy voortgaan om elektrisiteit na dorpe af te sny weens munisipale skuld. Die organisasie sê Eskom se kennisgewings aan 14 munisipaliteite is wetlik gebrekkig en kan inwoners, veral bejaardes en hospitale, benadeel indien 'n voorafbetaalde stelsel gebruik word. Deidré Steffens van AfriForum…
14 Mar 5AM 1 min

Amutse: 'Namibiërs moet baat by hulpbronrykdom'

Myneminister Modestus Amutse sê Namibiërs kan nie in armoede gedompel wees terwyl die land se minerale hulpbronne in die hande van buitelanders is nie. Amutse het Vrydag met die gemeenskap op Uis vergader om kwessies rakende onwettige mynbedrywighede by Xingfeng te bespreek. Plaaslike waardetoevoeging is van die uiterste belang, het…
14 Mar 4AM 1 min

Motorsport: Langbaankampioenskap spring weg op Tony Rust

Die eerste been van die Nasionale Langbaankampioenskap begin vanoggend op die Tony Rust-baan buite Windhoek. Nege inskrywings is ontvang, met nuwe en ou bekende name wat sake gaan uitspook. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
14 Mar 3AM 1 min

Oortappingsdiens soek jóú bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied hierdie naweek verskeie skenkingsklinieke aan, insluitend 'n spesiale geleentheid vandag in Windhoek. Die veldtog, met die tema #FreedomFlowsThroughUs, is daarop gemik om meer as 50 skenkings in te samel voor die komende Onafhanklikheidsdagvieringe. Die diens se opleidingsbeampte, Frieda Vatileni-Asino:
14 Mar 2AM 1 min

Regering moet ingryp met veilige vervoer van leerders

Die departement van basiese onderwys het die parlement se staande komitee oor begrotings ingelig oor leerdervervoer en vordering met skoolinfrastruktuur. Meer as 730 000 leerders word daagliks vervoer, hoofsaaklik in landelike gebiede. Volle dekking word deur begrotingsbeperkings belemmer. Amptenare het veiligheidsingrype, insluitend wetstoepassing, uitgelig. Die woordvoerder, Terence Khala, sê infrastruktuurdruk…
14 Mar 1AM 1 min

Copps 94.1: Diabetes, selfdood hou noodspanne besig

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, het Vrydagaand gehelp om die lewens van twee mense in Windhoek te red: Die eerste ‘n man wat in ‘n diabetiese koma was en die tweede ‘n jong vrou diep in Katutura wat probeer het om selfdood te pleeg. Kosmos 94.1 se…
13 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië ATM's vat ook nou nuwe banknote

Nadat die Bank van Namibië hulle nuwe note in September 2025 in sirkulasie geplaas het, het banke hul sisteme en outomatiese tellermasjiene begin opgradeer om die note te akkommodeer. FNB Namibië, die bank met die grootste distribusie-netwerk, het aangekondig dat sy ATM's landwyd nou die nuwe note aanvaar. Kosmos 94.1…
13 Mar 11AM 1 min

Twee nuwelinge in Springboksewes-vrouespan

Rugby: Twee nuwelinge, Maceala Samboya en Shanidiné Bezuidenhout, is ingesluit in die groep van 14 Springboksewes-vrouespelers wat Sondag vertrek vir die laaste internasionale sewestoernooie in Uruguay en Brasilië. Afrigter Cecil Afrika het ook die ervare Catha Jacobs betrek. Die toernooie vind volgende naweek in Montevideo plaas en 'n week later…
13 Mar 11AM 1 min

Regering 'sal meer fondse gee om filmbedryf te versterk'

Die inligtingministerie het aangekondig dat die nasionale begroting vir 2026/27 'n kunstefonds van 50 miljoen Namibiese dollar sal insluit om die kreatiewe bedryf te ondersteun. Minister Emma Theofelus het by die opening van die 2026 Filmweek die regering se verbintenis herbevestig om die filmbedryf deur verhoogte befondsing te versterk, met…
13 Mar 10AM 1 min

IPPR-bespreking lê Namcor-bestuursprobleme bloot

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het onlangs 'n paneelbespreking oor olie, oorsig, verantwoordbaarheid en bestuur aangebied. Met die land se ontluikende olie- en gasbedryf wat moontlik produksie nader, is die voordele aansienlik, mits die bedryf goed bestuur word. Tydens die paneelbespreking het die instituut se direkteur, Graham Hopwood, gesê Namcor…
13 Mar 9AM 1 min

Midde-Ooste krisis bedreig toerisme: Gasvryheidsvereniging

Die toerismebedryf is bekommerd oor 'n styging in vliegkaartjiepryse. Dit volg op skerp stygings in stralerbrandstofpryse weens die konflik in die Midde-Ooste, wat in ‘n enkele week meer as verdubbel het. Vele lugrederye het reeds kaartjiepryse opgestoot of brandstofheffings ingestel. Die sektor vrees dat dit reisvraag en toerismevloei sal beïnvloed…
13 Mar 9AM 1 min

Namibië-Rusland Sakeforum kyk na ekonomiese samewerking

Die internasionale betrekkinge en handel-ministerie bied vandag saam met die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad die Namibië-Rusland Sakeforum in Windhoek aan. Die forum poog om bilaterale politieke verbintenisse in tasbare kommersiële uitkomste om te sit, en bied 'n platform om ekonomiese samewerking tussen die twee lande te verdiep. Adjunk-handelminister Jenelly Matundu…
13 Mar 9AM 1 min

Valke maak deurbraak in Oos-Kaap ontvoeringsake

Die Valke het 'n deurbraak gemaak in 'n reeks gewelddadige ontvoeringsake in die Oos-Kaap. Vier verdagtes het in Mdantsane se landdroshof verskyn vir verskeie moorde, ontvoerings en rooftogte wat in Augustus verlede jaar in verskeie dele van die Buffalo City-munisipaliteit aangemeld is. Polisiewoordvoerder Ndiphiwe Mhlakuvana sê die verdagtes het na…
13 Mar 9AM 1 min

Rusland-ontvoering van Oekraïnse kinders 'misdaad teen mensdom'

Rusland het sedert 2022 stelselmatig minstens 1 200 Oekraïense kinders gedeporteer en met geweld oorgeplaas. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Menseregteraad. Kommissaris Erik Møse sê hulle het bevind dat Russiese owerhede twee soorte misdade teen die mensdom gepleeg het: die deportasie en gewelddadige oorplasing…
13 Mar 8AM 1 min

SA ekonomie verloor R266 miljard jaarliks weens padsterftes

Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, sê padsterftes kos die ekonomie jaarliks ongeveer 266-miljard Suid-Afrikaanse rand. Bestuurdersgedrag is verantwoordelik vir ongeveer 80-persent van noodlottige ongelukke, terwyl voetgangers byna 45-persent van padsterftes verteenwoordig. Hlengwa het aan Newzroom Afrika gesê meer as 11 000 mense het verlede jaar op Suid-Afrikaanse paaie gesterf…
13 Mar 8AM 1 min

Mariental munisipale werkers eis salarisverhoging

Werknemers van die Mariental munisipaliteit het betoog vir beter vergoeding. Die werkers eis 'n salarisverhoging van 3 persent. Die groep voel dat werknemers van die plaaslike owerheid uitgesluit is van salarisaanpassings nadat die regering staatsamptenare se salarisse verhoog het. Groepwoordvoerder James Kanu:
13 Mar 8AM 1 min

Rehoboth belê N$70m in voorafbetaalde watermeters

Die Rehoboth-dorpsraad het minstens 70 miljoen Namibiese dollar opsy gesit om konvensionele water- en elektrisiteitsmeters met voorafbetaalde meters te vervang, 'n stap wat daarop gemik is om inkomste-invordering te verbeter en toekomstige agterstallige skuld te voorkom. Die ontwikkeling kom terwyl die dorp 150 miljoen dollar aan NamWater skuld. Rehoboth-burgemeester Jackie…
13 Mar 6AM 1 min

NamRA op spoor van myn- en eksplorasietransaksies

Eienaars van eksplorasie- en mynlisensies word aangemoedig om transaksies waarin aandele of belange daarin verkoop is, by die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, te verklaar tydens die belastingamnestietydperk tot 31 Oktober vanjaar. Die kommissie gaan meer navorsing in die bedryf doen om data te bekom oor myn- en eksplorasielisensies. Kosmos 94.1 Nuus…
13 Mar 6AM 1 min
1100 – 1120