
Nasria kondig goeie finansiële resultate aan
Loading player...
Birgit Hoffmann, die adjunkvoorsitter van die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, sê die maatskappy het uitstekende finansiële resultate in 2025/26 behaal. 'n Wins van 97 miljoen Namibiese dollar is aangeteken en 'n dividend van 17 miljoen dollar is aan die regering, Nasria se hoof-aandeelhouer oorhandig. Hoffmann het by Nasria se jaarvergadering gepraat.

