
Boere, tref voorsorg vir moontlike El Niño-droogte
Loading player...
Namibiese boere word aangemoedig om vroegtydig voorsorg te tref vir die moontlike impak van wydverspreide droogte, met die verwagte El Niño wat ondernormale reënval vir die 2026/27-reënseisoen kan bring. Plaaslike owerhede, insluitend die Rehoboth-dorpsraad, neem reeds stappe om veegetalle te beperk om weiding en waterbronne te beskerm. Leigh-Ann Nehoya, 'n ekonoom by die Namibiese Landbou-unie, sê egter boere moet voorberei sonder om paniekerig te raak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

