
Cran bevestig kuber-aanval op Verdedigings-ministerie
Loading player...
Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië sê dit werk met rolspelers om tegniese ondersteuning te bied na die kuberaanval op die ministerie van Verdediging. Cran sê ‘n Namibië Cyber Security Incident Response Team-analise het bevestig die internasionale RansomHouse-groep is vir die kuber-aanval verantwoordelik – dit het reeds verlede Saterdag plaasgevind. Vroeër die week het die lynminister Frans Kapofi gesê hy is nie bewus van die omvang van die aanval nie en is net gesê dat daar tegniese uitdagings is om toegang tot inligting te verkry. Cran-woordvoerder, Mufaro Nesongano:

