Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
Reaksie word ontvang op die aantal regeringswerkers wat met meer as 14 000 in 'n jaar gestyg het. Die Openbare Dienskommissie het sy jaarlikse voorsittersrede aangebied. Die voorsitter, Salmaan Jacobs, het aangekondig dat die totale aantal regeringswerknemers vermeerder het van 110 002 in 2023/2024 na 114 304 in 2024/2025. Maar…
Swapo, terwyl hy sy 66ste bestaansjaar vier, staar 'n keerpunt in die gesig nadat hy sy tweederdemeerderheid in die parlement verloor het en nou met 'n kleiner meerderheid regeer, volgens regeringskundige Pius Dunaiski. Dit is 'n verskuiwing wat wetgewing vertraag en groter politieke konsensus afdwing. Dunaiski het aan Kosmos 94.1…
Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, sê Amerika en sy ondersteuners is aanspreeklik vir alle ontwrigting van maritieme vervoer. Die VN se Veiligheidsraad het debat gevoer oor die veiligheid en beskerming van waterweë te midde van ontwrigting in die strategies-belangrike Straat van Hormuz. Iravani sê Amerika…
Die gesondheidsministerie het 'n beroep gedoen op kalmte nadat die kabinet besluit het om die ministerie se tariewe in lyn te bring met dié van Psemas en die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse. Staatshospitale sal 'n gestandaardiseerde prysmodel vir Psemas-pasiënte gebruik. Tariewe sal gebaseer wees op Namaf se 2017-tariewe, met…
FBI-direkteur Kash Patel sê hulle sal saam met plaaslike en federale wetstoepassers werk om lesse te leer uit Saterdag se voorval by die Withuis-korrespondente-dinee. Die 31-jarige Cole Tomas Allen is gearresteer nadat hy volgens berigte naby ʼn sekuriteitbeheerpunt in die Washington Hilton-hotel se voorportaal begin skiet het terwyl die dinee…
Die Omaheke-streek het vanoggend sy driedaagse Onderwysberaad 2026 geopen. Die beraad is daarop gemik om vennootskappe tussen primêre, sekondêre en tersiêre instellings te versterk. Die Omaheke-streek se direkteur van onderwys, Constance Watenaar, sê die beraad is veral daarop gemik om die swak vlakke van syfervaardigheid en geletterdheid op primêre vlakke…
ActionSA sê na dekades onder ANC-leierskap word die belofte van vryheid ondermyn deur gebrekkige dienslewering, toenemende werkloosheid en verswakte instellings. Die party sê hy het doelbewuste stappe gedoen om ʼn geloofwaardige, gestruktureerde alternatief te bou. ActionSA-woordvoerder Boitumelo Molefe sê hulle het die afgelope maande nasionaal uitgebrei met die doel om…
Die Amerikaanse aanklaer vir die Distrik van Columbia, Jeanine Pirro, het bevestig dat Cole Tomas Allen, verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, nog aanklagte in die gesig staar. Die 31-jarige Allen word van drie federale misdade aangekla: poging om die president te vermoor, vervoer van ʼn vuurwapen oor staatsgrense…
Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader tans en die repokoers sal môre bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het by Cirrus-ekonoom Oliver Diggle sy voorspelling gekry. Hy verduidelik wat die moontlike uitkoms kan wees en waarom 'n verhoogde repokoers nie noodwendig sin gaan maak nie.
Die sewende Harley Davidson-kussaamtrek begin op 29 April en duur tot 5 Mei, wat Harley-ryers van reg oor Namibië en Suid-Afrika sal trek. Dit begin Woensdag by die Old Wheelers-klub in Windhoek. Donderdag sal die motorfietsryers vertrek na Swakopmund, waar hulle om vieruur by die Dome sal vergader. Vrydag sal…
Plaaslike weerkenner George van der Merwe sê die aktiewe kouestelsels wat al hoe dieper in Namibië strek, toon dat ons in diep herfs is maar, dat die bolugstelsels steeds aktief is. ‘n Volgende stelsel is besig om te ontwikkel en sal vanaf môre sy opwagting maak. Van der Merwe sê…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet nooit toelaat dat die werklike kommer van gemeenskappe oor onwettige migrasie vooroordeel teenoor mede-Afrikane kweek nie. Hy het gister tydens die nasionale Vryheidsdagviering in Bloemfontein, gesê die regering tree streng op teen onwettige migrasie en ondernemings wat die land se wette oortree deur ongedokumenteerde…
Koning Charles en koningin Camilla se vierdaagse staatsbesoek aan die Verenigde State het Maandag begin toe hulle president Donald Trump en presidentsvrou Melania Trump by die Withuis ontmoet het. Hulle het daarna ʼn tuinpartytjie by die Britse ambassadeur se huis in Washington bygewoon. Koning Charles spreek na verwagting vandag die…
Die regering het 137 miljoen Namibiese dollar opsy gesit vir die bou van 3 106 huise vir lae-inkomste Namibiërs, en daar word aangedring dat daar verseker word dat die huise gebou word volgens 'n standaard wat geskik is vir gesinslewe. Die projek sal voorkeur gee aan die voltooiing van voorheen-gestaakte…
Die Gautengse Gesondheidsdepartement vra ouers om voorrang te gee aan kinderinentings namate inentingsvlakke afneem. Afrika-inentingsweek is daarop gemik om inentingsprogramme te versterk. Woordvoerder Tshifhiwa Mashamba sê slegs 75,3-persent van kinders onder 'n jaar is in die 2025/26-boekjaar ingeënt teenoor die vorige 83-persent. Mashamba waarsku dit verhoog die gevaar van siektes…
'n Professor aan die Stellenbosse Sakeskool, Armand Bam, sê Suid-Afrika het nie genoeg gedoen om strukturele ongelykhede uit te wis wat in apartheid gewortel is nie. Hy het teenoor SABC News die ongelykhede in welvaart en leierskap uitgelig en sê 'n klein persentasie besit die meerderheid van welvaart. Bam sê…
Na die Withuis-perssekretaris Karoline Leavitt uitgevaar het teenoor Demokrate en sê dit is hulle retoriek wat die sluipmoordpogings op president Donald Trump aanhits, sê Demokrate dat die Republikeine eerder na hulle eie taal gebruik moet kyk. Die Demokratiese leier in die Huis, Hakeem Jeffries.
28 Apr 3AM
1 min
1080 – 1100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.